
Dagboek van 'n Wimpy Kid 20: Pretploert
Greg Heffley verpes verrassings – veral op sy verjaardag. Maar hy sou hom nooit die skokkende planne kon verbeel wat sy gesin hierdie jaar vir hom in gedagte het nie. Wanneer Greg se partytjieplanne begin uitrafel, hoop hy nog sy verjaardagwens word waar – ’n gesogte ruilkaart wat ’n fortuin werd is. Die probleem is dat hy nie al een is wat daarvan droom nie. Die kanse is skraal dat hy dit gaan opraap. Gaan Greg se verjaardagdrome waar word? Of gaan hy leer om versigtig te wees waarvoor hy wens?
Die Diary of a Wimpy Kid-reeks (in Afrikaans bekend as Dagboek van ’n Wimpy Kid) is al in ten minste 69 verskillende tale en 84 uitgawes regoor die wêreld gepubliseer. Hierdie bladsy lys die titels van al die boeke in die reeks in hul vreemdetalige vertalings. Dit sluit ook die uitgawes van verskeie boeke in. Uitgewer: Penguin Random House Jeff Kinney is USA Today, New York Times en Wall Street Journal se #1 topverkoperskrywer van die Wimpy Kid-reeks en het ses keer die Nickelodeon “Kids’ Choice Award for Favorite Book” verwerf. Oorvöl duk, Boek 17, is in November 2022 uitgegee en was in ’n kits ’n wêreldwye #1 topverkoper. Jeff is benoem as een van die tydskrif Time se 100 Mees Invloedryke Mense in die Wêreld en is een van die 10 topverkoperskrywers nog. Hy is ook die skepper van Poptropica, wat as een van Time se 50 Beste Webwerwe bekroon is. Hy het naby die Washington, D.C., omgewing grootgeword en in 1995 na New England verhuis. Jeff woon saam met sy vrou en twee seuns in Massachusetts, waar hulle ’n boekwinkel besit.





