
Orania se eie brandweerwa is onlangs verwelkom toe gratis ritte vir die publiek op die wa aangebied is. Die Orania Veiligheidsdienste (OVD) se Theuns Wessels, Weerbaarheidsbestuurder, het agter die wa se stuurwiel ingeklim om deur die dorp te ry en die gemeenskap bewus te maak van die nuutste toevoeging tot die dorp se voortdurende uitbou van veiligheidstoerusting. Die voordele van so 'n wa is 'n hoë kapasiteit drukspuit wat hoë geboue vir blusdoeleindes kan bereik, ʼn skarebeheerspuit en verdere noodtoerusting, soos die bestaande snytoerusting, wat nou op die wa gelaai kan word. Peet Gründling, lid van die OVD-span, sal binnekort sy kode14 swaarvoertuiglisensie bekom, sodat hy ook as bestuurder van die brandweerwa aangewend kan word.





