← Sport

· Deur Dia van Staden

Bokkietoernooi 2026: sport op Orania se nuwe velde

Vanjaar se Bokkietoernooi is vir die eerste keer op die Orania CVO-skool se splinternuwe sportterrein aangebied.

BOKKIETOERNOOI 2026 – foto 3

Vanjaar se Bokkietoernooi is vir die eerste keer op die Orania CVO-skool se splinternuwe sportterrein aangebied. Die nuwe rugbyvelde is in Februarie deur skoliere, ouers en lede van die gemeenskap aangeplant. Dié toevoeging tot die skool se infrastruktuur is ‘n reuse stap tot hul ontwikkeling. Op 4 en 6 April is ‘n o. 25-weergawe van die bekende Bokkieweektoernooie op Orania aangebied. Vanjaar was die negende jaar wat die Bokkietoernooi in Orania plaasvind. Willie Nel het jare op die opvoedingsraad gedien en was ‘n bydraende energie om dié ontwikkeling ‘n werklikheid te maak. Die terrein is na Willie en sy oorlede broer vernoem en heet nou die Willie en Cobus Nel Sportterrein. Willie bestuur nou die meerderheid van die skool se fondsinsamelingsprojekte. ‘n Ontydige wolkbreuk die Vrydagaand, waar meer as 50mm welkome reën geval het, het die velde sopnat gelaat en daar moet geskarrel word om plan B in plek te sit. Behalwe dat die deelnemers se ouers en vriende saam met hulle die naweek kom geniet, ontaard Orania jaarliks in ‘n warboel van aktiwiteite, sosialisering en kulturele jolyt tydens dié naweek. Die sportveld het meestal vir goeie sportmangees gesorg en die toeskouers kon luid bydra tot hulle onderskeie spanne se spel. Tot 2027 sal daar rugby, hokkie en netbal gespeel word soos net die jongklomp dit kan doen!

Bokkietoernooi uitslae

Woemahokkie Naaswenners: Transvaal O/25 Bokkietoernooi uitslae Woemahokkie Wenners: Griekwas 7’s Rugby Naaswenners: Orania Mej. Sprankelbokkie kompetisie: Woemahokkiespeelster van die toernooi: 7’s Rugby Wenners: Noord-Tvl Noord Tweede Prinses: Jessica Swart (Orania) Tinéy Strydom (Doelwagter Transvaal) 7’s Rugbyspeler van die toernooi: MC Eerste Prinses: Zurica van Heerden Netbal Naaswenners: Vrystaat Malan (Noord-Tvl Noord) (Transvaal) Netbal Wenners: Noord-Vrystaat Geesbeker: Griekwas Mej. Sprankelbokkie: Megan von Lieres Netbalspeelster van die toernooi: Colene (NOVS Kavaliers) Prysuitdeling: Dercksen (Vrystaat)

Woemahokkie wenners
Woemahokkie wenners
Netbal wenners
Netbal wenners
BOKKIETOERNOOI 2026 – foto 5
Die vriendelike personeel van Orania CVO-skool het die verkope by die kostent vlot laat verloop.
Die vriendelike personeel van Orania CVO-skool het die verkope by die kostent vlot laat verloop.
BOKKIETOERNOOI 2026 – foto 4
BOKKIETOERNOOI 2026 – foto 6
Voorblad van Koerania - April 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2026, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Linda laat die skeie tol
Sport/

Linda laat die skeie tol

Drie spanne is gekies om die Noord-Kaap tydens die meesterstoernooi in Kroonstad vanaf 28 September tot 2 Oktober te verteenwoordig.

Deur KoeraniaLees berig