← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Linda laat die skeie tol

Drie spanne is gekies om die Noord-Kaap tydens die meesterstoernooi in Kroonstad vanaf 28 September tot 2 Oktober te verteenwoordig.

Linda laat die skeie tol – foto 1

Drie spanne is gekies om die Noord-Kaap tydens die meesterstoernooi in Kroonstad vanaf 28 September tot 2 Oktober te verteenwoordig. Dit sal Linda Cummings onderwyseres by Volkskool Orania, se derde meesterstoernooi wees waaraan sy gaan deelneem. Volgens Linda, ‘n jukskeispeler van Orania, is dit ‘n Afrikanersport vir die hele gesin! “Van so jonk as 5 jarige ouderdom af kan die skeie hanteer word en kan die samesyn begin.”

Daar is verskillende afdelings waarin liefhebbers kan deelneem: · Kinders tot 18 jaar - SA juniorkampioenskappe. · Volwassenes vanaf 19 jaar - SA Akademie en SA Senior kampioenskappe. · Volwassenes vir meesters is mans bo 50 jaar en vroue bo 45 jaar. “Ek het jukskei gekies want dis iets wat ek, my ma en my seun saam aan kan deelneem. Die jukskeispelers word soos ‘n familie en daar is nie hoogmoed in die sport nie,” vertel ‘n gefokusde Linda.

Linda laat die skeie tol – foto 2
Voorblad van Koerania - September 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2026, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar