← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Oranjerivier Gimnastiekklub blink uit!

Die klub bied ritmiese gimnastiek vir dogters van 2 tot 13 jaar, rasieleiding vir dogters van 7 tot 18 jaar, en strekklasse vir seuns en dogters.

Thalita Schoeman het ontvang trofees vir die beste baldans en beste vryedans ontvang.
Thalita Schoeman het ontvang trofees vir die beste baldans en beste vryedans ontvang.

Die Oranjerivier Gimnastiekklub het sedert sy beskeie begin in Julie 2018 as gimnastiekbeginsels-klasse in die Gemeenskapsaal se sysaal gegroei tot 'n florerende spilpunt vir plaaslike talent. Vandag spog die klub met sy eie gespesialiseerde ruimte in die Saamstaan Winkelsentrum, wat uit drie vertrekke bestaan en ook tuiste bied aan twee ander dansskole. Sedert amptelike registrasie by Gimnastiek Suid-Afrika in 2023, neem die gimnaste gereeld deel aan interklub-kompetisies in Kimberley, Port Elizabeth en Bloemfontein. Die klub bied ritmiese gimnastiek vir dogters van 2 tot 13 jaar, rasieleiding vir dogters van 7 tot 18 jaar, en strekklasse vir seuns en dogters. Die afrigting rus op drie goue reëls: elke klas begin met gebed en dankbaarheid vir 'n gesonde liggaam, elke kind word met omgee hanteer, en klasse is leersaam én lekker. Ritmiese gimnastiek eis hoë soepelheid, konsentrasie en styl om musiek, apparaat en liggaamlike elemente te kombineer, maar die ontwikkeling van die kind as geheel staan altyd voorop. Sukses word gemeet aan elke kind se individuele vordering op hul eie tempo. Dat hierdie benadering vir afrigter, Michelle Jacobs, vrugte afwerp, is pas weer bewys. Op 5 September 2026 het 11 gimnaste van die klub aan die Interprovinsiale Gimnastiekkompetisie in Bloemfontein deelgeneem — die hoogste vlak vir Vlak 1 tot 3-gimnaste in Suid-Afrika. Die span het spogprestasies gelewer deur 5 van die 7 beskikbare trofees vir die hoogste punte van die dag te verower, tesame met 4 goue, 6 silwer en 1 brons medalje. Plaaslike inwoners kan ook uitsien na 'n besondere hoogtepunt op die kultuurkalender. Op 7 November hou Oranjerivier Gimnastiekklub, Kirsten Balletskool, Weltevreden Dans Akademie en Koeksuster Kuns kragte saam vir 'n groot gesamentlike konsert. Dit beloof om ‘n tentoonstelling van talent en vreugde te wees wat niemand sal wil misloop nie.

Trofees is uitgegee vir die hoogste punt van die dag per dans oor alle ouderdomme: Pret Gimnastiek - Lienke Jacobs ontvang die trofee vir die beste Pret Gimnastiek dans Vlak 1 - Talitha Schoeman ontvang trofees vir die beste baldans en beste vryedans. Vlak 2 - Nina Murphy ontvang die trofee vir die beste hoepeldans. Vlak 3 - Kiana Strydom ontvang die trofee vir die beste lintdans.

Medaljes: Goud - Lienke Jacobs, Donnalee van der Westhuizen, Talitha Schoeman, Nina Murphy Silwer - Cecilia Wessels, Carli Swanepoel, Cara Lambrecths, Elana Swanepoel, Kiana Strydom, Anneri Pereira Brons - Petro Vermeulen

Lienke Jacobs het goud verwerf vir die lintdansafdeling..
Lienke Jacobs het goud verwerf vir die lintdansafdeling..
Van links, Carli Swanepoel, Talitha Schoeman, Cecilia Wessels en afrigter Michelle Jacobs
Van links, Carli Swanepoel, Talitha Schoeman, Cecilia Wessels en afrigter Michelle Jacobs
Nina Murphy
Nina Murphy
Voorblad van Koerania - September 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2026, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar