← Nuus

· Deur Dr. Johann Dannhausser

Beplanningsprioriteite moet skuif

Hoe kan hierdie situasie positief aangespreek word?

Syfers pas bekendgestel toon die interessante tendens van sterk semigrasie vanaf die noordelike provinsies na spesifiek Wes-Kaapse plattelandse dorpe soos Swellendam, Barrydale, Bonnievale, ens. In hierdie opsig is verlede jaar meer as 8 000 eiendomstransaksies geregistreer met 'n totale waarde van bykans R9,5 miljard. Hierdie nuus dien saam gesien te word met die groter golf van semigrasie vanaf die noordelike en sentrale provinsies na veral die Wes-, Suiden Oos-Kaap, asook met die dekadeslange emigrasie uit Suid-Afrika na die buiteland, wat na raming in totaal al meer as 2 miljoen mense beloop. Hierdie syfers toon duidelik dat Orania as verklaarde Afrikanerdorp met sy slegs sowat 3 000 inwoners ná 34 jaar nie 'n bestemming van voorkeur vir die Afrikaner is nie. Hoekom nie? Hoe kan hierdie situasie positief aangespreek word? Om op hierdie vrae te antwoord, moet eers enkele relevanthede omtrent Orania gestel word: · Daar is tans twee hoofstrome in die Afrikaner: Die een stroom sê die Afrikaner is 'n kultuurgroep wat vir sigself binne die huidige Suid-Afrika 'n nessie moet oopskrop en sodoende deel van die staatkundige opset bly. Die ander stroom sê die Afrikaner is 'n volk in eie reg wat streef om d.m.v. selfbeskikking 'n onafhanklike en vrye volkstaat te verwesenlik. · Die stigtingsdoel van Orania in 1991 was dat die dorp moet dien as groeipunt vir uiteindelik 'n onafhanklike en vrye Afrikaner Volkstaat. · As sulks vorm Orania as verklaarde Afrikanereiendom steeds die vlagskip vir Afrikanerselfbeskikking op pad na onafhanklikheid en vryheid. · Gegewe die bewese vyandigheid van die ANC-regering jeens die Afrikaner en die diaboliese eenwêreldstrewe van die NWO, behoort Afrikanerselfbeskikking versnel te word. · Die God van Bloedrivier is vandag nog dieselfde. Teen hierdie agtergrond kan op bogenoemde vrae soos volg geantwoord word: · Orania behoort sy beplanningsprioriteite te verskuif vanaf dié vir 'n “stad” na dié vir 'n volkstaat en faktore soos bevolkingsvestiging, gekonsolideerde grondgebied, watersekerheid, selfstandige voedselverbouing en energieonafhanklikheid te prioritiseer. · Intern in Orania is bepaalde herstrukturerings noodsaaklik, waarvan 3 is: - Die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) as formeel-erkende oorkoepelende plaaslike owerheid moet sy rol en funksie daadwerklik opneem; - demokrasie moet uitgebrei word die sowat 400 aandeelhouers van OAB-maatskappy wat stemreg het uit 'n bevolking van ongeveer 2 500 stemgeregtigdes smoor inisiatief; - Orania behoort 'n onafhanklike regbank te kry ter vervanging van die huidige outoritêre OAB-regspraktyk. · Die konsep van Afrikaner/Boeretrots moet omtrent Orania baie sterker bevorder word – dit behoort die nr. 1 rede te wees waarom volksgenote na Orania trek. · Orania moet 'n ekonomie van skaal vestig deur 'n beleggersvriendelike owerheidsingesteldheid te hê, 'n pakket van vestigingsaansporings vir voornemende sakelui aan te bied, spesifiek werkskeppende vervaardigingsnywerhede te werf en Afrikaner/Boere-entrepreneurskap te ontwikkel. · In die hele proses moet die noodsaaklike konsep van eie arbeid uitgespel en toegepas word en wel op aanpasbare en nie-rassistiese wyse. Stappe soos hierdie is noodsaaklik om Orania 'n bestemming van voorkeur vir Afrikaners te maak en Orania op die langtermyn te ontwikkel in 'n eerstewêreldstaat.

Voorblad van Koerania - Junie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2025, bladsy 2

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar