← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

BCVO daag ander skole uit vir Voortrekkermonument-steun

Die ikoniese Voortrekkermonument in Pretoria is stewig op pad om sy droom van selfvoorsiening van elektrisiteit met behulp van 'n sonkragstelsel te verwesenlik.

Die Voortrekkermonument voer 'n stryd om die ligte aan te hou en om die kosbare erfenisitems in die argiewe teen die regte vog en temperatuur te bewaar.
Die Voortrekkermonument voer 'n stryd om die ligte aan te hou en om die kosbare erfenisitems in die argiewe teen die regte vog en temperatuur te bewaar.

Die ikoniese Voortrekkermonument in Pretoria is stewig op pad om sy droom van selfvoorsiening van elektrisiteit met behulp van 'n sonkragstelsel te verwesenlik. Die publiek het reeds meer as R500 000 tot die Monument se “Gee ons krag”-veldtog bygedra. Die projek het onlangs verdere stukrag gekry danksy 'n skenking van R27 000 (die waarde van 10 sonpanele) deur die Beweging vir Christelik

Volkseie Onderwys (BCVO). Dié skenking is tydens die BCVO se algemene jaarvergadering deur Lucia van Wyk, uitvoerende hoof van die BCVO, aan dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, oorhandig. Volgens Van Wyk het persone in die BCVO en CVO-skole bygedra wat hulle kon en die BCVO se direksie het ook geld bygesit. Sy daag nou ander skole en kultuurorganisasies uit om soortgelyke veldtogte van stapel te stuur en 'n bydrae te maak om die Voortrekkermonument se sonkragplan te steun. “Ons erfenis en kultuur is ongelooflik belangrik en dit word in die Voortrekkermonument vergestalt. Ons het probeer om vanaf die BCVO se kant af die Monument sterk te maak en uit te bou, want dit maak óns sterk. “'n Kind wat weet waar hy vandaan kom, weet waarheen hy op pad is. As ek trots is op wie ek is en waar ek vandaan kom, het ek respek vir ander. Ons probeer dít in ons kinders vestig. Ons het mekaar nodig om vorentoe te gaan,” sê sy. Geskiedenis nie politiek Van Wyk sê die BCVO is verbind daartoe om waarheidsgetroue geskiedenis aan kinders oor te dra. “Geskiedenis word eintlik eers ná 25 jaar geskiedenis en slegs as dit ná 25 jaar nog oorvertel kan word,” sê Van Wyk. “Geskiedenis is nie politiek nie, so ons moet kyk wat werklik plaasgevind het en dít aan ons kinders oordra. “Ja, daar was foute, maar ook goeie goed. Politiek pootjie dié onderskeid. Politiek het 'n agenda, terwyl geskiedenis die objektiewe beoordeling van gebeure en feite voorop stel. Die BCVO is verbind om onderwys met 'n Christelike Afrikaner-etos te fundeer en geskiedenis op 'n objektiewe manier oor te dra. Ons kan ons kinders leer dat leiers ook foute maak, maar hulle terselfdertyd leer om objektief te evalueer,” sê sy. Volgens Van Wyk is dit belangrik dat skole die Voortrekkermonument besoek en meer kinders leer om tussen geskiedenis en politiek te onderskei.

Neem die BCVO se uitdaging op en help die Voortrekkermonument om kragonafhanklik te word. Klik hier om by te dra: https://vtm.org.za/geeons-krag-projek/ Vir enige navrae, kontak Du Preez by dupreez@kultuurtuiste.org.za.

Lucia van Wyk, uitvoerende hoof van die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) oorhandig 'n skenking van R27 000 aan dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Kultuurtuiste om 10 sonpanele vir die Voortrekkermonument aan te koop.
Lucia van Wyk, uitvoerende hoof van die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) oorhandig 'n skenking van R27 000 aan dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Kultuurtuiste om 10 sonpanele vir die Voortrekkermonument aan te koop.
Voorblad van Koerania - Junie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2025, bladsy 7

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Kortliks – Oktober 2026
Nuus/

Kortliks – Oktober 2026

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop.

Deur KoeraniaLees berig
Foto by die berig: Orania-pad vorder
Nuus/

Orania-pad vorder

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree.

Deur KoeraniaLees berig