← Gemeenskap

· Deur Lientjie Brink

Artikel 235: Orania is hier om te bly – Lientjie Brink – April 2026

Die vraag is dan waarom die MK Party van Jacob Zuma dit nou geskrap wil hê uit die Grondwet?

Lientjie Brink
Lientjie Brink

Artikel 235 en die Reg tot Selfbeskikking wat in die Grondwet van Suid Afrika beskryf is, gee Orania, en, ander gemeenskappe soos dit, die reg om vrylik te bestaan. Die vraag is dan waarom die MK Party van Jacob Zuma dit nou geskrap wil hê uit die Grondwet? Hulle sien die Afrikaner as die argitek en uitvoerder van Apartheid, en voer aan dat die Afrikaner ook die meeste uit die “Apartheidstaat” van die vorige bedeling gebaat het. Wêreldwyd word minderheidsgroepe se regte meer en meer beskerm, maar in Suid Afrika word dit al hoe meer ingeperk. Dit is definitief ‘n aanduiding van die opinie dat die staat se magte verder uitgebrei moet word, wat in lyn is met die kommunistiese wêreldbeskouing. Vir my, as libertyn, is daar geen groter gevaar as juis Staatsbeheer nie, en sal Orania se reg tot bestaan definitief negatief beinvloed word as Artikel 235 verwyder word. Lientjie Brink

Voorblad van Koerania - April 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2026, bladsy 6

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar