← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Artikel 235: Orania is hier om te bly – April 2026

Selfbeskikking is nie net 'n Afrikaner aspirasie nie.

Jaco Mulder
Jaco Mulder

Wat is u mening oor die behoud van Afrikaner-selfbeskikking en Artikel 235?

Jaco Mulder

Selfbeskikking is nie net 'n Afrikaner aspirasie nie. UNPO erken die Afrikaner se reg as 'n onverteenwoordigend Volk(sonder grondgebied) se reg tot selfdeterminasie, politieke outonomie en international erkenning. Elke Volk het die reg om homself te regeer en sy eie toekoms en lot te bepaal. Ons hoef nie omverskoning te vra omdat ons onself wil regeer nie.

Cassien Enslin

Artikel 235 van die Grondwet van Suid-Afrika erken die moontlikheid van selfbeskikking vir gemeenskappe met ’n gedeelde kultuur en taal. Die poging deur MK Party om dit te skrap, wek kommer oor die beskerming van minderheidsregte. Afrikaner-selfbeskikking bly ’n grondwetlike beginsel wat stabiliteit, kulturele voortbestaan en vreedsame samebestaan kan bevorder indien dit binne die raamwerk van die regstaat hanteer word.

Tanya Jonker

Verbasend dat 60 miljoen Suid Afrikaaners bedreig voel deur +/- 5 000 Afrikaners wat self beskikking uitleef. Jou selfbeeld moet regtig swak wees, tot waartoe jy in staat is om na jou eie om te sien. Dis die gevolg as jy afhanklik is van die Staat.

Cassien Enslin
Cassien Enslin
Tanya Jonker
Tanya Jonker
Voorblad van Koerania - April 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2026, bladsy 6

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar