← Gemeenskap

· Deur Jan Snyder

Alternatiewe strategie vir selfbeskikking

Onder die gaste was ook Dr Carel Boshoff IV, Mnr Theo Joubert LPR, Ek Beyers, Riaan Jacobs en etlike ander gemeenskapleiers.

Alternatiewe Strategie vir Selfbeskikking – foto 1

Ek is 'n getroue inwoner van Orania wat 'n voorlegging aan Dr Wynand Boshoff gedoen het rakende sy voorgestelde strategie vir 'n selfbeskikkingsgebied vir minderhede in 'n groot gedeelte van die Noord Kaap, en die baie belangrike rol wat die VF+ behoort te speel in die volgende agt jaar tot die 2033 Nasionale Verkiesing. Onder die gaste was ook Dr Carel Boshoff IV, Mnr Theo Joubert LPR, Ek Beyers, Riaan Jacobs en etlike ander gemeenskapleiers. Ek het reg aan die begin gesê dat ek onder geen omstandighede Orania se bestaan of beleid wil ondermyn nie, maar dat my voorstel behels dat behoudende gebiede dalk baie makliker hulle onafhanklikheid sal verkry vanaf 'n groter selfbeskikkingsgebied as vanaf die huidige Suid-Afrikaanse regering. Om 'n strategie saam te stel, verg 'n baie deeglike analise vanwaar mens op die oomblik is en dan te besluit waar jy in die toekoms wil wees en planne te maak om daar uit te kom. Dit verg 'n duidelike roete met 'n bepaalde uitkoms teen 'n bepaalde tyd. Tussen-in is daar doelwitte langs die pad wat op sekere tye bereik moet word, meting en toesig om te kyk hoe mens vorder op jou roete, veranderinge aan te bring indien nodig en jouself te verfris en versterk deur die gebruik van sekere huplmiddele en hulpbronne. In my voorlegging stel ek drie baie belangrike doelwittye vas: Die volgende Munisipale Verkiesings wat einde 2026 verwag word, die volgende Nasionale Verkiesing twee jaar later en derdens die Nasionale Verkiesing van 2033. Die doelwitte word as volg gestel: Na die 2026 Munisipale Verkiesing, 'n baie meer dominante VF+ verteenwoordiging in die gekose dele van die Noord Kaap, die daarstelling van 'n skadu Volksraad en regering vir die Noord Kaap, baie noue samewerking met Cape X-it, die IFP en ander groepe rakende selfbeskikking, met die doel om aan te toon dat daar beduidende belang is in selfbeskikking indien die saak na die Wêreldhof moet gaan. Na die 2028 Nasionale Verkiesing voldoende steun om te kan onderhandel vir 'n selfbeskikkende Federale Staat. In so 'n staat moet die Nasionale Regering nog bydra tot die onderhoud en administrasie van die gebied, iets waarvoor ons nog nie self voldoende fondse voor sal hê nie. Gedurende die volgende vyf jaar moet daar soveel moontlik ontwikkeling in die gebie d pl aasv ind om werk te skep. Infrastruktuur moet herstel word om nuwes tot stand te bring en baie groot, werkskeppende kapitale projekte te begin soos 'n reuse dam onder die Augrabies, Boegoebaai hawe, Sonkrag, kernkragaanlegte en baie intensiewe landboupraktyke. Volgens my moet baie aandag daaraan spandeer word om geloofwaardigheid onder die huidige inwoners te verkry en te bewys dat hulle 'n beter toekoms saam met ons ander minderhede sal geniet. Soveel as moontlik van ons eie mense moet na die gebied gelok word deur bogenoemde, sowel as die daarstelling van kibboetse, “moshavim” en gemeenskaplandtrusts. Daarby moet ons die terugkeer van ons eie mense uit die buiteland sowel as ons jong buitelandse boere met hul kennis en finansies aanmoedig om hulle in ons gebied te kom vestig. Ons moet immigrante uit die Europese lande lok. Na die 2033 verkiesing moet ons in 'n situasie wees waar ons om totale onafhanklikheid en eie Republiek, die Republiek van Goeie Hoop te kan onderhandel. Ek het die Afrikaner se historiese strewe na onafhanklikheid vanaf 1795 tot datum en dit wat dit elke keer in die wiele gery het ekstensief gedek en gevra vir drastiese optrede wat ook 'n versoek vir restitusie van die VK insluit en soveel druk vir onafhanklikheid vir die Noord-Kaap en Wes-Kaap op die ANC te plaas dat hulle van Orania en Kleinfontein vergeet. Uiteindelik moet dit vir hulle so moeilik en duur wees om die gebiede te regeer dat hulle soos met die Vrystaat en ou ZAR ons ons onafhanklikheid gee. Die tweede deel van sy voorlegging het spesifiek oor Orania se rol gehandel en sal in volgende Koeraniauitgawes gedek word.

Voorblad van Koerania - Augustus 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2025, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar