“Afrikaans 100 se fees is om die draai,” sê Giep van Zyl, nasionale koördineerder van Afrikaans 100. “Ons nooi almal uit om saam met ons fees te vier. Trek jou dagboek nader, merk hierdie datums en besoek www.afrikaans100.org om meer besonderhede oor elke geleentheid te kry. En onthou, die res van die jaar is ook feesjaar. Hou ons webblad en sosiale media dop, beplan jou eie feesvieringe en wen dalk 'n groot prys!” “Afrikaans vier 'n mylpaal binne die baie langer bestaan van ons pragtige taal,” sê René Arendse, adjunk- nasionale koördineer van Afrikaans 100. Afrikaans 100 Gedenklesings Gedenklesings om hierdie mylpaal in Afrikaans se geskiedenis te vier en erkenning aan Afrikaans te gee word in die Wes-Kaap en Gauteng aangebied. 23 Mei – 10:00 tot 13:00 Kroonsaal, Fort Schanskop, Pretoria Afrikaans 100 Feesdinees 'n Feesdinee wat 'n fynproewersdriegangmaaltyd insluit op een van die mooiste wynlandgoedere in die Paarl en by die Pretoria Buiteklub in Waterkloof. Met seremoniemeesters Lizz Meiring en Christo Davids. 22 Mei – 18:30 vir 19:00 - Pretoria Buiteklub, Waterkloof, Pretoria Afrikaans 100 Uit die mond 'n Musikale viering van die Afrikaanse taal uit elke mond wat dit praat. Met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm
28 Mei – 19:30 en 29 Mei – 19:30 Atterbury Teater, Daventrystraat 4, Lynnwood Manor, Pretoria Kuns van die Afrikaanse kunslied Aangebied deur Afrikaans 100 en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Die Afrikaanse kunslied kom al langer as 'n eeu en is geskep deur Suid-Afrikaanse komponiste deur sensitiewe bewuswording en voortdurende vernuwing en innovasie. Met Jo-Nette LeKay (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor), Niël Rademan (bariton) en Susan Steenkamp-Swanepoel (pianis) Samesteller: Linette van der Merwe 25 Mei – 15:00, Musaion, Universiteit van Pretoria-kampus Afrikaans 100 Makieties Is jy lus vir liplek-lekkerte? Die Afrikaans 100 Makieties – wat in Genadendal en Pretoria gehou word - gaan jou smaakkliere laat baljaar. 22 en 23 Mei – 09:00 tot 15:00 Taaltoere Taaltoere in Pretoria - Kaartjies en bespreking by die Voortrekkermonument Genadendal-museum, Moraviastraat, Genadendal 24 Mei – 10:00 tot 22:00, Botaniese Tuin, Pretoria Taaltoere in Genadendal - Kaartjies en bespreking by die Genadendal-museum Vir die res van ons eeufeesjaar gaan die hele land saam feesvier. Besoek www.afrikaans100.org en raak betrokke




