← Sake

· Deur Dia van Staden

A-Z Pekanneutkonferensie laat borge, boere en verskaffers kennis deel

Die drie boere en kundiges wat voor loop is Johan Coetzee, na wie gereeld as die “cowboy” in die bedryf verwys word, Francois Slabber en dr Ben de Klerk.

Daar is hierdie week 'n beplanningsvergadering gehou waartydens die fyner besonderhede van die A-Z Pekanneutkonferensie vir 8 en 9 April bespreek is. Hester Botha word omring deur Jan de Klerk, Johan Coetzee, Francois Slabber en Renier Botha. Dia van Staden, koördineerder van die projek, het die foto geneem en dr Ben de Klerk sluit in April by die span aan.
Daar is hierdie week 'n beplanningsvergadering gehou waartydens die fyner besonderhede van die A-Z Pekanneutkonferensie vir 8 en 9 April bespreek is. Hester Botha word omring deur Jan de Klerk, Johan Coetzee, Francois Slabber en Renier Botha. Dia van Staden, koördineerder van die projek, het die foto geneem en dr Ben de Klerk sluit in April by die span aan.

Die A-Z Pekanneutkonferensie mag dalk in 2025 steeds in sy kinderskoene staan, maar jaar 2 se program bied vir elke bestaande, voornemende en boer wat dink dit is wensdenkery, 'n enorme geleentheid om te lei, te leer en te ontwikkel. Die plaas Dendron Boerdery met bestuurder, Renier Botha, aan die stuur, is besig om hulle bome se blare reg te skud vir die vele besoekers wat aan die pekanneutbedryf nuwe momentum wil gee. Die drie boere en kundiges wat voor loop is Johan Coetzee, na wie gereeld as die “cowboy” in die bedryf verwys word, Francois Slabber en dr Ben de Klerk. Twee propvol dae word vir 8 en 9 April beplan waartydens kundige individue en maatskappye hul jarelange ondervinding sal deel. Die oggendsessies bied sprekers wat gedurig nuwe inligting en navorsing deurtrap om met boere te deel. Die praktiese boordsessies in die middae sal elke groep die geleentheid bied om te ervaar wat in die praktyk gedoen word en vrae te vra. Sprekers wat reeds bevestig is sluit Dr Elmi Lötze (Koolhidrate), Charus du Plessis (Mikro-elemente), dr. Nicky Taylor (Waterproewe), Chris Barnard (Besproeiing), Ivan Otto (SAPPA) en Kallie Schoeman (Boerdery) en Eddie Ferreira (Alternatiewe inkomstestrome), in. Die volgende pakkette is vir uitstallers beskikbaar: * Platinum Stalletjie @ R12 000-00 (Dit sluit 10min spreekbeurt en 4 kaartjies in ) * Goue Stalletjie @ R8 000-00 (Dit sluit 3 kaartjies in) Die konferensie laat ruimte vir 400 mense wat dit 'n besonderse geleentheid op die pekanneutkalender maak. Die koste vir bywoning beloop R2 000-00 per persoon, wat reis, verblyf, addisionele etes en drinkgoed uitsluit. Elke geregistreerde konferensieganger ontvang 'n etebewys, wat by die kosstalletjies aangewend kan word. Om as 'n konferensieganger te registreer, 'n stalletjie te bespreek of 'n navraag te rig kan 'n WhatsApp na 0639914408 gestuur word. Stuur selfs e-pos na a-z@pekan.co.za of skakel die kantoor by 087 092 6618 met jou navraag. Besoek https://azpekan.co.za vir volledige inligting in verband met die konferensie van die jaar! Sien jou tussen die pekanbome by Dendron Boerdery!

Dr Ben de Klerk is die eienaar van die Dendron Boerdery, waar vanjaar se A-Z Pekanneutkonferensie op 8 en 9 April aangebied word.
Dr Ben de Klerk is die eienaar van die Dendron Boerdery, waar vanjaar se A-Z Pekanneutkonferensie op 8 en 9 April aangebied word.
Voorblad van Koerania - Maart 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Maart 2025, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar