← Sake

· Deur Dia van Staden

A-Z Pekanneutkonferensie: kennis, kontakte en kuier – Februarie 2025

Die oggendsessies sal gevul word met sprekers wat gedurig nuwe inligting en navorsing deurtrap om met boere te deel.

Dr Elmi Lötze tydens die 2024 konferensie.
Dr Elmi Lötze tydens die 2024 konferensie.

Waar kennis, kontakte en kuier mekaar ontmoet! Die A-Z Pekanneutkonferensie is in 2024 suksesvol op die plaas Dendron Boerdery aangebied en beloof om vanjaar elke bestaande, nuwe en leerbare pekanneutboer se kennisveld uit te brei en te versterk. Johan Coetzee, Francois Slabber en dr Ben de Klerk is die gashere wat twee propvol dae vir 8 en 9 April beplan waartydens kundige individue en maatskappye hul jarelange ondervinding sal deel. Die oggendsessies sal gevul word met sprekers wat gedurig nuwe inligting en navorsing deurtrap om met boere te deel. Die praktiese boordsessies in die middae sal elke persoon die geleentheid bied om te ervaar wat in die praktyk gedoen word en vrae te vra. Sprekers wat reeds bevestig is sluit Dr Elmi Lötze (Koolhidrate), Charus du Plessis (Mikro-elemente), dr. Nicky Taylor (Waterproewe), Chris Barnard (Besproeiing), Ivan Otto (SAPPA) en Kallie Schoeman (Boerdery) en Eddie Ferreira (Alternatiewe inkomstestrome), in. Die volgende pakkette is vir uitstallers beskikbaar: * Platinum Stalletjie @ R12 000-00 (Dit sluit 10min spreekbeurt en 4 kaartjies in ) * Goue Stalletjie @ R8 000-00 (Dit sluit 3 kaartjies in) Die konferensie laat ruimte vir 400 mense wat dit 'n besonderse geleentheid op die pekanneutkalender maak. Die koste vir bywoning beloop R2 000-00 per persoon, wat reis, verblyf, addisionele etes en drinkgoed uitsluit. Elke konferensieganger ontvang 'n etebewys, wat by die kosstalletjies aangewend kan word. Hiermee die bankbesonderhede vir u stalletjiebespreking en registrasiegelde vir die konferensie: Begunstigde: OSK Koöperatiewe Bank Beperk Bank: Standard Bank Rekening: 041 712 617 Takkode: 050103 SWIFT-kode: SBZAZAJJ Verwysing: GA 106 + Naam en van / Besigheidsnaam E-pos u bewys van betaling, naam, van en selnommer na: a-z@pekan.co.za Om as 'n konferensieganger te registreer, 'n stalletjie te bespreek of 'n navraag te rig kan 'n WhatsApp na 0639914408 gestuur word. Stuur selfs e-pos na a-z@pekan.co.za of skakel die kantoor by 087 092 6618 met jou navraag. Sien jou tussen die pekanbome by Dendron Boerdery!

Voorblad van Koerania - Februarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2025, bladsy 8

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar