Lex Libertas se veldtog om 3 000 kruise by die Withuis in Washington DC te gaan plant vir verdere bewusmaking van plaasmoorde vind plaas op Saterdag 26 September. Die fyn beplanning vir ‘n Washingtonkonferensie op 25 September is in volle swang. Daar is twee maniere waarop Afrikaners en ander ondersteuners steeds betrokke kan raak.Teken die petisie of koop ‘n kruis deur die volgende skakel te volg: www.whitecrossproject.org In hierdie verband het Lex Libertas saamgespan met die New York Young Republican Club (NYYRC). Die doel is om 100 000 name op die petisie te verkry voordat dit formeel aan die President van die Verenigde State, die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake en die Withuis oorhandig word.
· Deur Koerania-redaksie
Witkruisprojek se momentum brandend
Die fyn beplanning vir ‘n Washingtonkonferensie op 25 September is in volle swang.

Uit die koerant
Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2026, bladsy 6
Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar

