
Lida Strydom
Biefstuk met lekker vetjies en knoffelbotter bo-op, want ons karnivoor! En dan, laataand: Melke d’ Ponche, ‘n warm melkdrankie met ‘n titseltjie heuning en ‘n skeutjie kaneel. Dis ‘n skepping van ons oudste dogter in haar kleintyd en dit bly ‘n gesinsgunsteling!
Anja Nel
Ooooo, by verre Botterhoender masala!! Dit is heerlik speserybelaai en soveel geure wat met mekaar trou! Dit maak jou lekker warm van binne! Of beesstert met botterbone, appletizer en Old Brown Sherry word as ‘n basis vir die sous gebruik. Njammies!
Renska Deetlefs
‘n Heerlike warm kommetjie sop , sommer alle soorte en geure kan werk, met gespeseryde, geroosterde krotons vir daai titseltjie krakerigheid op die tong. So bietjie warmte van binne af!
Lana Fourie
My ma se groentesop. En net my ma se sop. Dit is maklik om te verhit as jou ma jou bederf met ‘n hele pot en jy kan dit vries. Dit hou sommer jou hele lyf warm.
Lientjie Bredenkamp
Stop. Dis ‘n mengsel tussen stew en sop. ‘n Bredie met wildskenkels en ‘n laaang sous, met baie groente in, klappermelk as basis vir die sous en droë vrugte bo-op. Die droë vrugte moet jy oornag in water laat lê om sag te word, en dan net vinnig bo-op die bredie sit voor jy dit bedien. Dit is al die eienskappe van my kinderdae wat my bybly…. Wildskenkels as daar gejag word in die winter, klappermelk vir sy besonderse geur saam met die wildsvleis, en droë vrugte wat al my oumense geglo het is ‘n MOET saam met wildsvleis. Bedien met mieliegruis of stampmielies vir stysel. Lek jou vingers af!
Esna de Beer
Ratatouille hutspot met BAIE knoffel én mieliepap. Afgerond met Anella, my dogter, se malvapoeding met room!
Drizel Holtzhausen
My gunsteling is ‘n Lamspotjie. Ek kan vir ure die heerlik vuurtjie beloer wat dwarsdeur ‘n wintersmiddag en aand brand terwyl daar saam met familie en vriende mooi herinneringe gemaak word.
Lily du Toit
‘n Lekker beker ertjiesop sal op my wenslys wees. Ons as familie het dit altyd saam geniet terwyl daar ‘n lekker vuurtjie in die kaggel knetter en die gesels nie opraak nie.
Mariza J van Vueren
Melkkos. Laat my dink aan my kinderjare en my ma....
Abigail Ackermann
Woolies se biltongsop, want dis maklik en vinnig en vullend met ‘n smul snytjie rogbrood.
Gwen Dirker
Kerrie & rys, want dit is lekkerrrrr!
Sanri Stone
Melkkos is my gunsteling kos in die winter. Dit herinner my aan my oorlede moeder.















