← Nuus

· Deur Dia van Staden

Willie slyp sy politieke stem

Ek glo dat dit nodig is dat die Afrikanerstem weer in die politiek duidelik gehoor word.

Willie Spies en Dia van Stadaen
Willie Spies en Dia van Stadaen

het by Willie Spies in sy nuwe kantoor in Groenkloof, Pretoria, gaan inloer. Hulle het oor alles en nog wat gesels, maar sy aanspraak op die burgemeestersrol van Pretoria het voorrang geniet.

1. Wat het jou oortuig om die nominasie te aanvaar? Ek glo dat dit nodig is dat die Afrikanerstem weer in die politiek duidelik gehoor word. Ek het dit die afgelope 16 jaar buite die politiek en in die howe gedoen. Die partypolitiek bring egter weer geleenthede om ons saak in raadsale gestel te kry. 2. Watter 3 sterk eienskappe van jou sal tot jou voordeel strek in die verkiesing? Geloof in ons Hemelse Vader, hoop op ’n beter toekoms en liefde vir ons land en volk staan vir my uit. 3. Wat oorweeg jy om verder te ontwikkel, sodat jou kanse nog sterker sal wees? Ek beoog om my sosiale media vaardighede en die maak van video’s verder te ontwikkel. 4. Hoe beinvloed dié geleentheid familietyd? Ek en my vrou maak nou spesifieke afsprake vir kuiertyd. Ons hou daardie afsprake en doen moeite daarmee. Dieselfde geld vir die kinders, wat almal al op universiteit is of reeds werk. 5. By watter ander rade of organisasies is jy as ‘n bestuurslid betrokke? a. Was byna twee termyne op die Gautengregspraktisynsraad waar ek prokureurs verteenwoordig het; b. Was een termyn op Tukkies se raad; c. Was jare lank by Tukkies se Alumniraad betrokke; d. Betrokke by die Raad van die Orania Beweging; e. Dien op die direksie van Helpende Hand Sake; f. Is ’n direkteur in my prokureursfirma Hurter Spies Ingelyf. 6. Daar is nog ‘n paar maande voordat die verkiesing in November geskied. Waarop sal jy jou toespits gedurende die volgende paar maande? Ek sal kwessies wil identifiseer wat belastingbetalers in Pretoria en omstreke se lewe moeilik maak en oplossings daarvoor probeer vind. 7. Hoe hoop jy om kiesers te oortuig om vir jou te stem? Ek gaan eerlik wees! Ek glo in wat ons doen en ek gaan hard werk. 8. Watter struikelblokke moet jy uit die weg ruim om persoonlike sukses te bereik? Elkeen van hulle, soos hulle opduik, want die lewe bly ’n aanhoudende proses van leer. 9. ‘n Boodskap aan die kiesers? Werk, bid en stem. Die enigste gemorste stem is een wat nooit uitgebring is nie of vir ’n party wat nie jou waardes deel nie. Om die eerste burger van ‘n stad te wees verg geloof, moed en oortuigingskrag.

Voorblad van Koerania - Februarie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2026, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Kortliks – Oktober 2026
Nuus/

Kortliks – Oktober 2026

Die verdere ontwikkeling van die Karoosig-aftreeoord in Orania vorder goed. Elf bykomende woonstelle word beplan en konstruksie daaraan het reeds afgeskop.

Deur KoeraniaLees berig
Foto by die berig: Orania-pad vorder
Nuus/

Orania-pad vorder

Die randstene word tans gelê en die Orania Stadsboufonds se Oewerpad-projek het ’n nuwe fase betree.

Deur KoeraniaLees berig