← Kultuur

· Deur Dia van Staden

Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent

'n Tafel en 'n stoel vertel die verhaal van Seun – Dana Snyman se storie – wat Wilhelm van der Walt met oortuigende briljantheid vertolk.

Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 13

'n Tafel en 'n stoel vertel die verhaal van Seun – Dana Snyman se storie – wat Wilhelm van der Walt met oortuigende briljantheid vertolk. Die soms ontstellende nuanse van Dana Snyman se lewe is in dié memoir vervat. Nico Scheepers verdien 'n toekenning vir sy regie. Die wyse waarop emosie oorgedra word met beligting, musiek, stemtoon, beweging kan net as fantasties beskryf word. Johann Smit as draaiboekskrywer het 'n wonderlike verwerking van die boek, Seun, gedoen. Wilhelm van der Walt verewig sy naam as teaterkunstenaar met hierdie stuk. Hy beleef elke deel van die karakter en dra dit uiters uniek oor, sonder om enige geloofwaardigheid prys te gee. Die politieke bewegings wat die in 80's afgespeel het, is steeds relevant. Dit skep vrae, dit skep woede en dit skep steeds inhoud vir ernstige gesprekke. Die verhouding tussen 'n seun en sy ouers word sentraal hierin duidelik gemaak. Die wonde wat die weermagverlede en gebeure op mans gelaat het, is 'n diepliggende seer wat verdien om vertel te word. Die impak op mans is steeds in die samelewing sigbaar. Die minimalistiese rekwisiete is uiters effektief aangewend. Die donker en lig se gebruik met die beligting skep 'n sterk atmosfeer wat die gehoor aanhoudend insluit en by die dramatiese gebeure betrek. Lede van die gehoor het na afloop van die teaterstuk met Koerania gedeel dat hul diep geraak is deur Dana se werklikheid en dat sy storie hul eintlik ontstel het. “Wie sou kon raai,” noem die een. Die tempo van die verhoogstuk, wat 90 minute lank is, het spesiale trefkrag. Wilhelm van der Walt verloor nooit sy drif en momentum nie. Die gehoor het gedurig “hoorbaar” hul asems opgehou, en daarmee het die afwagting bygedra tot 'n volgende verrassende stukkie drama. Gaan sien dit as jy kan!

Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 4
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 1
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 3
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 2
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 5
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 6
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 10
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 7
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 8
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 9
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 11
Vryfees in Bloemfontein skep 'n verhoog vir talent – foto 12
Voorblad van Koerania - Augustus 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Augustus 2025, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar