
Op Saterdag 29 November het die gemeenskap in wit getooi om 'n lekker partytjie te gooi! Die dankbaarheidsfees word jaarliks deur 'n groep vrywilligers aangebied. Dit was vanjaar weer 'n pragtige geleentheid van samesyn en om die spyse uit elkeen se tuin of kombuis te geniet.
Kommentaar wat op Koerania se Facebook-blad gevolg het na 'n kort video van die aand se verrigtinge, het die volgende ingesluit:
· SO MAAK MENS NET IN ORANIA !!! · Soooo verfrissend om skoon vermaak te sien! · Ai julle gaan tot die uiterste van fees hou. Wens ek kon daar wees. · Rustige atmosfeer sonder om altyd op jou hoede te wees. · Dis mos hoe ons groot geword het! · Darem pragtig om ons mense so gelukkig te sien.














