← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Vaderskap is 'n reuse verantwoordelikheid

Vaderskap bring mee dat… ek my verhouding met my hemelse Vader moet koester om Sy liefde te ontvang en dit oor te dra aan my gesin (en andere)!

Hans van Staden
Hans van Staden

Theuns Wessels

Vaderskap mag nie… beperk word tot jou eie kinders,hulle is natuurlik jou eerste prioriteit, maar die jongmense moet kan opkyk na die vaders in ons gemeenskap en hulle as rolmodelle beskou.

Pierre Fourie

Vaderskap sal nooit… ‘n werk of moeite wees nie maar ‘n Godgegewe verantwoord elikheid en voorreg wat baie seëninge inhou vir dié wat God dien en dit tot eer van Hom doen.

Theunie Kruger

Vaderskap bring mee dat… ek my verhouding met my hemelse Vader moet koester om Sy liefde te ontvang en dit oor te dra aan my gesin (en andere)!

Pieter Bosschoff

Vaderskap se uitdagings… in ons moderne samelewing is veelvuldig van aard.Kinders ontvang, veral deur maklike toegang tot die sosiale media, blootstelling aan inligting wat voorheen taboe was. Daarom is dit so belangrik dat vaders tyd met hul kinders moet spandeer. Hou saam huisgodsdiens, eet saam aan tafel, skop saam bal en gesels met jou kinders oor hoe jy met jou finansies werk. Goeie gesinsverhoudinge bly die belangrikste bousteen vir ń gesonde en gelukkige gesin.

Hans van Staden

Vaderskap het nog altyd… by my die vraag opgebring -Hoekom? Jou beursie bly leeg, jou tyd is nie jou eie nie en jy slaap bitter min. Maar wanneer jy deur al hierdie pyn en drama is en jou kinders maak ʼn sukses van hulle lewe en hulle voel gerus om enige tyd nog in jou kaste rond te grou weet jy dat dit die moeite werd was. En dan wag jy vir die kleinkinders want oupaskap kan net beter wees.

Carel van den Berg

Vaderskap is… meer as net 1 of 2 woorde, dis 'n hele woordeboek, eintlik 'n hele woordeboek vir elkeen van die geslagte vaders wat my vooraf gaan.

Dit was my pa wat my geleer het om myself te waardeer. Hy het vir my gesê dat ek buitengewoon mooi is en dat ek die kosbaarste ding in sy lewe is. ~Dawn Frans

Pieter Bosschoff
Pieter Bosschoff
Theuns Wessels
Theuns Wessels
Theunie Kruger
Theunie Kruger
Carel van den Berg
Carel van den Berg
Pierre Fourie
Pierre Fourie
Voorblad van Koerania - Junie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2026, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar