Orania CVO-skool het vanaf 25 tot 27 Junie vanjaar die gesogte BCVO-Winterspele namens die Noord-Kaapstreek aangebied. Meer as 900 skoliere het op die skool se splinternuwe sportfasiliteite aan rugby- en netbalwedstryde deelgeneem. Ten spyte van onverwagse reën was die geleentheid ’n reuse-sukses danksy die harde werk van die skoolhoof, Susan Nieuwoudt, sowel as die personeel, ouers en plaaslike gemeenskapslede wat ingespring het om te help. Die groot toestroming van besoekers het baie positiewe terugvoer oor die dorp se netheid, organisasie en ongelooflike gasvryheid opgelewer. Plaaslike en nasionale media het regstreeks vanaf die terrein uitgesaai om dié geskiedkundige sportfees te dek.
· Deur Koerania-redaksie
Suksesvolle Winterspele
Orania CVO-skool het vanaf 25 tot 27 Junie vanjaar die gesogte BCVO-Winterspele namens die Noord-Kaapstreek aangebied.

Uit die koerant
Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2026, bladsy 12
Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar


