
Lucas Taljaard is ‘n pionier wat diep spore in die grondpaaie van Orania getrap het. Sy aandeel in die totstandkoming van die OSK-bank, aankoop van plase en ander instellings gaan nie ongesiens verby nie. Dr. Ben de Klerk, aandeelhouer van Sonpark, vertel dat oom Lucas hom gedurig aangemoedig het om saam aan die dorp te ontwikkel. Dr. de Klerk het besluit om ‘n straat na hom te vernoem, sodat sy naam en aandeel in die bou van Orania altyd onthou sal word.





