← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Steen gekoop: Phillip Williams ondersteun die Paul Kruger-projek

“Ons het iets verloor. My taal en my land word verkrag.

Steen gekoop… – foto 1

Steen gekoop… Phillip Williams vertel met trots dat hy tydens die Presidensiële partytjie by die Voortrekkermonument op 24 September sy steen gekoop het om 'n bydrae te maak tot die Afrikaner se erfenis. “Ons het iets verloor. My taal en my land word verkrag. Dit is van ons weggeneem, en ek wou iets koop wat saakmaak.” Hy vertel dat dit belangrik is om jou naam op iets te laat sit wat as deel van jou nalatenskap kan dien. “Ek glo dat Orania dit mooi sal oppas,” vertel Phillip. Jy kan steeds dié projek ondersteun. Koop 'n steen vir die oprigting van die beeld by: orania.co.za/paul-kruger/

Voorblad van Koerania - Oktober 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2025, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar