
Doret le Cornu
Rebelspoorvasbyt 2026 is een van daardie gebeure in die lewe waar jy nog lank na die tyd in verwondering staan en wonder of dit werklik was, maar op 'n goeie manier. Ek dink as ons die rebelle van 1914 kon vertel van al die reen wat ons in 'n dag se tyd in die Kalahari beleef het sou hul ons glad nie geglo het nie.
Wian Steyn
Ons het vertrek op Woensdag die 29 ste April 2026 op die Rebelspoorvasbyt vanaf Orania. Niemand kon raai wat die gewoontlik droee Kalahari vir ons ingehou het nie. Dit het vreeslik gereen en ons het ons eerste dag onderdak deurgebring en speletjies gespeel en die geskeidenis onthou wat aan ons vertel was. Daarna het ons vertrek op die spoor wat die rebelle aangedruf het . Die rebelle se rebellie het bekend gestaan as die Manie Maritz rebellie van 1914. Sommige Afrikaners was gekant teen die deelname van Afrikaners aan die eerste wereld oorlog teen Duitsland. Ons moes ongelukkig n dag vroeer ons Rebelspoorvasbyt stap toer opskort weens baie reen en het teruggekeer na Orania. Ek beveel sterk aan dat die studente wie die toer later kan doen dit beslis meemaak.
Anna Beyers
Ons het huis toe gegaan met nat klere, en dalk bietjie moeë lywe, maar die belangrikste is die harte vol herinneringe. Ten spyte van die reën, modder en planne wat moes verander, het die groep se gees nooit gebreek nie. Daar was altyd iemand wat ’n grappie maak, saam lag en help om slaapsak droog te kry voor die kampvuur. Dit is juis daardie saamstaan en mense wat as vreemdelinge begin en soos vriende huis toe gaan, wat Rebelspoor 2026 vir my so 'n besonderse ervaring gemaak het.
Reghardt Jacobs
Die Rebelspoorvasbyt staptoer is beslis iets wat ek sal aanbeveel vir enige iemand wat meer van ons volk se geskiedenis wil leer, en deur om te stap waar die rebele van die 1914 rebellie gestap het, maak dit net soveel meer onvergeetlik!





