← Gemeenskap

· Deur Brandon Oosthuizen

Stappers vertel: Brandon Oosthuizen

Ons kan vertroos word uit die skrif in Amos 5:24: Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.

Die rebelspoor en die geskiedkundige historiek daarvan het ek baie insigewend en interressant bevind en sien dit nodig vir ons jeug om nie net te leer daarvan nie maar om dit self te kan beleef omdat ek dit sien as ‘n uiterste heldhaftige gebeurtenis in ons afrikaner kultuur se geskiedenis dit was n belewenis en ‘n groot vooreg om weer saam Dr Louis Bothma op toer te kon gaan en ‘n paar lewenslesse leer van oom Louis ...oom louis weet net hoe om n boodskap vanuit die hart oor te dra, die eerste was alles begin by die Here en sonder die Here is die doelwit tevergeefs en die grote verantwoordelikheid wat op ons skouers berus om ons vryheid na te strewe soos "EFESIËRS 5:16 sê:" moet doen en beleef om te kan oorlewe as ‘n Afrikanervolkie omdat ons lewe in ‘n tyd van verdrukking. Ons kan vertroos word uit die skrif in Amos 5:24: Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom. Dit was baie lekker om nuwe vriende te kon maak en die Moloporivier in vloed te sien, Die rebelspoor was een groot belewenis en sonder twyfel die moeite werd!

Voorblad van Koerania - Mei 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2026, bladsy 6

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar