← Kultuur

· Deur Dia van Staden

Skryfkompetisie: Ink Skryf in Afrikaans – Februarie 2026

Ink Skryf in Afrikaans is ‘n internasionale kompetisie wat Afrikaans bevorder onder jong, opkomende en gevestigde Afrikaanse skrywers en digters.

Foto: Verskaf Anzé Bezuidenhout
Foto: Verskaf Anzé Bezuidenhout

Ink Skryf in Afrikaans is ‘n internasionale kompetisie wat Afrikaans bevorder onder jong, opkomende en gevestigde Afrikaanse skrywers en digters. Hierdie nie-winsgewende organisasie het 10 jaar gelede die lig gesien as brein-baba van een van Orania se eie inwoners, Anzé Bezuidenhout. Anzé het ‘n besondere passie vir Afrikaans en is self ‘n skrywer van formaat met ‘n hele paar gepubliseerde boeke en digbundels op haar kerfstok. Hierdie jaar is egter merkwaardig, want haar kompetisie het amptelik sy baba skoene ontgroei. Hierdie jaar is die 11de jaar wat dit aangebied word en jaar na jaar word die deelnemers meer en die kompetisie strawwer. Ink skryf in Afrikaans bestaan uit 4 bene. Eerstens is daar die facebook blad. Hier word weekliks temas verskaf waaraan lede kan deelneem. Skrywers mag deelneem in beide die gedigte afdeling of kort stories. Uit hierdie weeklikse wenners word dan elke maand ook ‘n maandwenner in elke afdeling aangewys en hierdie maandwenners ding dan aan die einde van die jaar mee vir die algehele wenner. Mense wat die blad wil besoek kan gaan loer by https://www.facebook.com/groups/InkSkryfAfrika ans Die tweede been bestaan uit die webblad. Hier kan skrywers en digters OF aan die maand temas deelneem OF kies om vrye teuels aan hulle gedagtes en talente te gee. Die webblad is beskikbaar by www.ink.org.za Derdens kom ons by die Ink Skryf in Afrikaans kompetisie. Hier word skrywers en digters genooi om oor ‘n tydperk van ongeveer 3 maande hulle werk in te stuur, waarna dit deur ‘n paneel onafhanklike beoordeelaars bekyk word. Die hoogtepunt vind plaas tydens die jaarlikse galaaand aan die einde van die jaar wanneer al die wenners van die verskillende kompetisies vereer word vir hulle werk. Anzé het egter einde verlede jaar nog ‘n nuwe baba geskep deur die aanlyn tydskrif Inkpols tot stand te bring. Hierdie tydskrif is vol lekkerlees artikels, gedigte en stories, onderhoude en soveel meer. Kom meer te wete van hierdie tydskrif deur ‘n epos te stuur aan anzebez@gmail.com. Ink is ook goed verteenwoordig op ander sosiale media platforms soos YouTube, waar videos geplaas word van lede se gedigte en stories. https://www.youtube.com/@InkLuister en selfs ook op Tiktok by @inkskryfinafrikaa8. Anzé, wat saam met haar man in Oktober 2025 hulle intrek in Orania geneem het, weet nie van stilsit nie en haar passie vir Afrikaans leef sy elke dag ten volle uit.

Voorblad van Koerania - Februarie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Februarie 2026, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar