← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Skryf in vir die 2026 Orania Helpmekaar Vasbyt

Die Orania-gemeenskap het op 12 November die inskrywings vir die 2026 Vasbytbyeenkoms op 'n drafstap geopen.

Skryf in vir die 2026 Orania Helpmekaar Vasbyt – foto 1

Die Orania-gemeenskap het op 12 November die inskrywings vir die 2026 Vasbytbyeenkoms op 'n drafstap geopen. In samewerking met Orania Atletiekklub het fietsryers, drawwers en stappers vanaf die Paul Kruger-monument weggespring 'n simboliese wegspring vir volgende jaar se Vasbyt gevier. Die Orania Helpmekaar Vasbyt wat vanaf 30 April tot 2 Mei 2026 aangebied word, is meer as net 'n stap-, draf- of fietsrygeleentheid, dit is 'n belewenis van Orania as gemeenskap. Wat in 2016 begin het as 'n droom, het gegroei tot 'n gewilde drie-dag fees van uithouvermoë, kultuur en samehorigheid in die hart van die Bo-Karoo. Terwyl deelnemers hul uithouvermoë en durf op pragtige roetes wys, kan die hele gesin die dorp en sy mense beleef met stalletjies, musiek, dorpstoere, restaurante en lekker kuier in die feestent. Alle fondse vloei na Orania Helpmekaar, die maatskaplike organisasie wat Orania se mense ondersteun. Die wedloop en wedren strek oor drie dae en kan te fiets of te voet afgelê word. Aparte roetes word vir die verskillende afdelings uiteengesit. Stap/Draf-items: Ligloop - Totaal 36 km Vasbyt - Totaal 74 km Fietsry-items: Ligtrap - Totaal 71 km Vastrap - Totaal 150 km Skryf hier in: https://kaartjies.co.za/ Sluit aan by hul Whatsapp Groep: https://chat.whatsapp.com/C1EVBMrZyzlCsY V2APes3V Registreer voor 28 Februarie 2026 en betaal die vroeë Vasbyt-prys van R400.00.

Voorblad van Koerania - November 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – November 2025, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Linda laat die skeie tol
Sport/

Linda laat die skeie tol

Drie spanne is gekies om die Noord-Kaap tydens die meesterstoernooi in Kroonstad vanaf 28 September tot 2 Oktober te verteenwoordig.

Deur KoeraniaLees berig