← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Skoon lug vir ligte tuie 'n bonus

Die byeenkoms is deur die plaaslike lugvaartgemeenskap, Apex Adventures, Gaggle Flight Recorder, SAHPA, families, vriende en nuuskierige Oraniërs ondersteun.

Daniël Coetsee (PPG - Powered Paraglider)
Daniël Coetsee (PPG - Powered Paraglider)

Vanaf 18 tot 26 April het motoraangedrewe sweefskermvlieëniers (powered paragliding of PPG) van regoor Suid-Afrika en selfs Namibië vir die eerste Orania PPG “Fly-In” opgedaag. Die byeenkoms is deur die plaaslike lugvaartgemeenskap, Apex Adventures, Gaggle Flight Recorder, SAHPA, families, vriende en nuuskierige Oraniërs ondersteun. 24 vlieëniers, waarvan 4 vroue, het aan dié byeenkoms deelgeneem wat tegniese vaardighede uitgedaag het. Die weer was nie altyd aan hulle kant nie, maar die lugruim kon steeds elke dag deur die entoesiaste en kundiges ingekleur word.

Orania se Daniël Coetsee was die organiseerder. Hy vertel dat daar klem gelê is op veiligheid van elke vlieënier, omstanders en die tuie. Sommige individuele vlieëniers kon tot 10 ure lugtyd aanteken. Vlieëniers is op grond van presisienavigasie, akkuraatheid in landing en hul vermoë om hindernisse te hanteer beoordeel. Deelnemers se vaardighede is deeglik geëvalueer. Daniël se vlugte was nie sonder uitdaging nie, maar hy het met die louere as algehele wenner weggestap. Orania se vliegentoesiaste sien daarna uit dat die geleentheid in die vervolg weer hier aangebied sal word.

Henna Fourie (PPG - Powered Paraglider) 'n studentvlieënier is op pad om 'n volgende vlug aan te durf.
Henna Fourie (PPG - Powered Paraglider) 'n studentvlieënier is op pad om 'n volgende vlug aan te durf.
George Enslin (PPT - Powered Paratrike)
George Enslin (PPT - Powered Paratrike)
Mariette Steenkamp (PPG - Powered Paraglider)
Mariette Steenkamp (PPG - Powered Paraglider)
Voorblad van Koerania - Mei 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2025, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar