← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Skaaktoernooi tydens aandmarkte

Die junior en senior skaakspelers kry deesdae gereeld die geleentheid om teen mekaar kragte te meet.

Hier is ‘n hele rits skaakspelers voor die Orania biblioteek besig om hulle beste skuiwe te maak.
Hier is ‘n hele rits skaakspelers voor die Orania biblioteek besig om hulle beste skuiwe te maak.

Die junior en senior skaakspelers kry deesdae gereeld die geleentheid om teen mekaar kragte te meet. Die wenners van die onlangse skaaktoernooi is aangewys. Maritz Murphy het as die wenner in die junior afdeling geeindig. Saul Murphy was tweede en Connor Geddes was derde. Ruben Meiri het as die senior kampioen geseëvier. Elke wenner het ‘n geskenkbewys en ‘n kontantprys gewen. Tydens die volgende aandmark by die Kuierstoep op 3 Mei sal daar weer ‘n skaaktoernooi aangebied word. Mag die beste skuif ‘n opponent uitoorlê!

Skaaktoernooi tydens aandmarkte – foto 3
Ruben Meiri, die senior skaakkampioen oefen teen Danie Jacobs wat die jongspan touwys maak in die sport.
Ruben Meiri, die senior skaakkampioen oefen teen Danie Jacobs wat die jongspan touwys maak in die sport.
Voorblad van Koerania - April 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2024, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar