← Gemeenskap

· Deur Contessa Kruger

Sekretaressedag: Contessa Kruger – September 2026

Die Melankoliese Temperament besit natuurlike eienskappe wat hulle uitstekende Sekretaresses maak.

Contessa Kruger
Contessa Kruger

Die Solidariteit Netwerksentrum het 'n kenner van persoonlikheidstipes gevra om die mees waardevolle raad vir 'n nuwe werknemer uit die dames se voorstelle te kies. www.herlaai.co.za Ek dink byna elkeen wat kommentaar gelewer het, het 'n sterk klap Melankolie weg. Die Melankoliese Temperament besit natuurlike eienskappe wat hulle uitstekende Sekretaresses maak. Hulle heg groot waarde aan detail, logika en hulle is analities en presies. Die Melankolie hou van beplan, is georganiseerd en toon ‘n voorkeur vir skedules. Hulle is selfopofferend en sensitief. Dié persone is ekonomies en kan vermorsing nie verdra nie. Hulle kan "die probleem" raaksien voor enige ander persoon dit doen. In sosiale situasies bly hulle op die agtergrond en wil dus niemand se kollig steel nie. Maar 'n waarskuwings woordjie aan al die Melankoliese Sekretaresses: Soms kan 'n gebrek aan selfvertroue (waartoe jy geneig is) jou in 'n posisie plaas waar jy jou laat misbruik. Jy is 'n uiters lojale persoon, maar jy is soms so lojaal dat jy jou eie waardes op die spel plaas. So, oefen om nee te sê as dit nodig is en moet jou nie laat misbruik nie! Die beste en gebalanseerde raad kom van Yolande Swanepoel - Daar is 'n lekker klomp humor in haar opmerkings en dit wys dat sy haarself nie te ernstig opneem nie. Dit plaas haar in 'n posisie om objektief te wees en sake van 'n ander kant af te beskou..

Voorblad van Koerania - September 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – September 2026, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar