
Reinette de Waal is op die ouderdom van 70 oorlede. Haar kankerdiagnose sedert 2007 kon nooit die glimlag uit haar oë steel nie. Bykans 'n maand voor haar dood het Koerania met haar gesels en het daardie sagte blou oë, soos altyd, verhelder terwyl sy vertrel hoe goed dit gaan.
In die onderhoud van November 2024 het sy gesê: “Dié besige vrou, ma en ouma vertel hoe vol haar lewe is en dat sy nie werklik tyd vir haarself gemaak het nie. Die sonar se uitslag was vir haar opnuut 'n skok wat haar vergangklikheid in vet rooi letters uitgelig het.” Van dikdermkanker tot borskanker. In die onderhoud het sy ook genoem: “... siekte nie 'n straf is wat die Here oor mense uitspreek nie, want Hy loop saam met jou daardeur. “Hy los jou nie alleen hierin nie.” Johan Michael de Waal, Reinette se seun, skryf op Facebook: Dankie vir Ma se oor wat altyd wou luister, Ma se arms wat altyd sou troos, en Ma se gebede wat ons altyd deurgedra het. Ma het almal altyd bo maself gestel en uit haar pad gegaan vir almal. Ma se plek hier op aarde by ons is nou leeg en die leemte groot. Ons sal ons kinders gereeld van Ma vertel, en hulle sal altyd weet hoe lief hulle Ouma Net hulle gehad het en dat sy nou uit die hemel uit na hulle kyk. Mag Ma saggies rus by die Here se voete, sonder enige pyn. Ons gaan dié vrolike vrou, wat vrede met haar lewensuitkyk getoon het, mis, en hoop dat sy nou baie koppies koffie kan drink. Haar laaste woorde aan Koerania was: As dit Sy wil is sal ek gesond word. Indien nie, dan is ek rustig daaroor, want ek gaan dan na Hom toe.”




