← Gemeenskap

· Deur Dia van Staden

Regte vir die regte redes

Carl Meyer (26) het onlangs sy pos as assosiaat by die firma Hurter Spies Inc.

Willie Spies het Carl Meyer as assosiaat by Hurter Spies Inc. verwelkom. Spies noem dat Carl 'n staatmaker kandidaatprokureur was en het hom sukses met sy loopbaan toegewens.
Willie Spies het Carl Meyer as assosiaat by Hurter Spies Inc. verwelkom. Spies noem dat Carl 'n staatmaker kandidaatprokureur was en het hom sukses met sy loopbaan toegewens.

Carl Meyer (26) het onlangs sy pos as assosiaat by die firma Hurter Spies Inc. in Pretoria opgeneem. Dié jongman het tydens sy studies 'n liefde vir analitiese denke ontwikkel en geniet die uitdaging om komplekse regsprobleme op te los. Aanvanklik het Carl sy keuse vir die beroep gebaseer op die feit dat verskeie van sy familielede as prokureurs praktiseer. Die verskil wat daardie individue in die regsberoep maak het, het hom geweldig gemotiveer. Willie Spies, direkteur van Hurter Spies Inc. het Carl ook op sosiale media by hul praktyk verwelkom. “Die impak wat die regsberoep op die samelewing maak is wat my inspireer en daarom moes my tweede keuse, bedryfsielkunde, in die slag bly,” noem Carl. Hy beoog om in administratiewereg en konstitusionelereg te spesialiseer. “Die regsveld beinvloed die belange van elke persoon in Suid Afrika en het die potensiaal om 'n beter omgewing vir almal in die land te vestig,” gesels hy voort. Carl geniet die konflik wat sy professie bring, aangesien hy 'n oplossingsgedrewe ingesteldheid het. “'n Mens se benadering tot konflik is wat die verskil maak. Ek wil 'n probleem oplos, eerder as om te baklei.” Hy woon in Pretoria en het tans geen voorneme om die stad se liggies vir 'n ander omgewing te verruil nie. Carl neem graag natuurfoto's en tuis is 'n boek gereeld goeie geselsskap. In 'n spontane gesprek vertel hy dat biltong 'n voorkeur is omdat hy nie 'n soettand het nie. Hy is lus vir die winter want dan kan hy 'n gunsteling geniet: sop! Hy geniet Pretoria maar as hy die geleentheid kry om te reis, sal dit beslis sy lewensemmer voller maak. Hy omarm elke geleentheid wat hy kry om die wêreld te verken. Youtube bied vir Carl baie meer insiggewende inligting as blote televisieprogramme, maar hy geniet dit om die huis in stand te hou met herstelwerk hier en daar. 'n Kuiertjie wat persoonlike interaksie bring is vir hom lekker want hy wil eerder in persoon kuier waar hy die gedrag van 'n persoon kan dophou. “Ek leer mense beter ken op so manier.” Hy skram nie weg vir troukoors nie, want hy sal graag eendag sy lewe met iemand spesiaals wil deel.

Voorblad van Koerania - Junie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2025, bladsy 3

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar