
Aggie en Mauritz Meyer het vroeg vanjaar hulle huis in Orania opgepak en op hierdie juweel afgekom. Hulle het besluit om dié kleinnoot met Koerania te deel. 16 Mei 1971 se Rapport! Dit herinner aan die goeie ou dae tot dié eens gewilde Sondagkoerant op die hoek van elke straat of in enige straatkafee in gedrukte formaat te koop was. Selfs Mattewis die kat het dié papier aanloklik gevind. Lank lewe vryheid van spraak in gedrukte (of digitale formaat) media!






