← Sake

· Deur Zelda van Staden

Professionele verhoudings – Zelda van Staden – Julie 2026

Hoe sou jy verhoudings tussen bestuur en personeel in ‘n besigheid aanspreek en versterk?

Zelda van Staden
Zelda van Staden

Hoe sou jy verhoudings tussen bestuur en personeel in ‘n besigheid aanspreek en versterk?

Die belangrikste komponente van alle gesonde verhoudings is kommunikasie, vertroue en konsekwentheid. • Kommunikasie: Die "oopdeurbeleid" klink goed, maar is in die praktyk ondoeltreffend. Dit plaas die verantwoordelikheid op die werknemer om die eerste (gevaarlike) stap te neem en vereis kwesbaarheid van die swakste party. Dit dwing die werknemer om alleen na 'n gesagsfiguur te gaan en homself bloot te stel aan die risiko van viktimisasie. Dit is passief en wag vir die personeel om die probleem te identifiseer, terwyl die werklike probleem dikwels by die leierskap se gedrag of besluite lê . Skep eerder 'n platform waar kommunikasie op 'n gelyke vlak effektief kan plaasvind. • Vertroue (Psigologiese Veiligheid): 'n Platform is nutteloos as mense bang is om die waarheid te praat. Dit moet 'n omgewing wees waar vrae gevra kan word sonder die vrees vir reperkussies. Vertroue word nie gebou deur uit te nooi om te praat nie, maar deur te bewys dat dit veilig is om te praat. • Konsekwentheid: Niks ondermyn verhoudings vinniger as onvoorspelbare bestuurstyle nie. Die toepassing van reëls en belonings moet objektief en voorspelbaar wees. Wanneer bestuur konsekwent optree, skep dit 'n stabiele grondslag waarop personeel kan staatmaak.

Voorblad van Koerania - Julie 2026

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2026, bladsy 9

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar