
Elsabé Aldrich is al meer as 2 dekades besig om die land plat te toer met haar pretpratery oor vroue, mans en tieners se mannewales. Haar diep boodskappe kom lê saggies om elke hart wat sy met spitvondige waarheid aanraak. Sy laat elkeen in die gehoor toe om weer te onthou dat lag medisyne is, maar dat ons dit te min inkry. Die 13 gasvroue het behoorlik uitgehang en elkeen se unieke manier van vrouwees is beklemtoon. Die Klanke en Kingels Musiekskool begin 'n fonds vir tweedehandse instrumente sodat behoeftige kinders ook aan dié wonderlike aktiwiteite kan deelneem. Marcel Jacobs is 'n jarelange vriendin van Elsabé en het haar vir die optredes vir dames en pare genooi. Dia van Staden, die Okkasie Hasie, het Foto’s: Theunie Kruger by die geleentheid as seremoniemeester opgetree. Sy en haar man, Stefan, woon in Hermanus, maar is al gewoond dat hulle so saam-saam die ver paaie aandurf om gehore te vermaak. Kyk uit vir dié topverkoper se nuwe boek – Nog Sappiger – wat binnekort vrygestel sal word. Hulle het drie kinders en Elsabé se unieke manier om met tieners te gesels oor verhoudings maak haar 'n gewilde keuse vir skole en groepe waar jongmense op 'n pretmanier ingelig moet word oor die belangrikheid van goeie en gesonde verhoudinge. Soek haar op Facebook en bespreek haar gerus vir jou volgende geleentheid om dit nog meer kleur te gee!








