
Ansuné Venter:
Die lys van ondervinding wat op die advertensie vir interns geplaas is wat gegee was is iets waarin ek belangstel. Ek sal graag in kantooromgewing beleef. Wil ek in media werk in my toekoms? Ek hou daarvan om van Orania meer te leer. Sosiale media. In 2026 sal ek tydsbestuur goed te doen en alles te gee wat ek kan om geniet en nie te ernstig op te neem wat gebeur nie.
Nina de Villiers:
Nina wil uiteindelik kommunikasiekunde gaan studeer en sien haar intern-wees as goeie blootstelling in 'n korporatiewe en professionele omgewing. “So gaan ek leer of ek werklik in die rigting verder wil studeer.” Sy stel haar doelwit vir 2026 hoog, want as Vroeeë Kinderontwikkelingstudent wil sy 'n hoër gemiddeld kry as die top student van 2025. 95% hier kom Nina!
Lyla Krige:
Haar doelwit vir 2026 is om matriek met onderskeidings te slaag. Aangesien Visuele kuns 'n gunstelingvak is, sal sy dit as 'n beroep oorweeg. “Ek het te min geduld vir olieverf wat te lank vat om droog te word. Akriel met bietjie gliserien gement is 'n medium wat vir my goed werk.” Sy vertel dat romantisisme en naturalistiese kuns abstrakte werk vir haar oorskadu. Haar leerervaring by die Orania Beweging as 'n kerninstelling is goeie ondervinding en sy geniet die verskeidenheid wat die internskap bied.
Johannes Gibbins:
Johannes wil graag werkservaring opdoen en die keuse om in 'n realistiese werksplek ondervinding op te doen was vir hom aanloklik. Johannes wil in 2026 sy matriekjaar as deel van die afstandleerprogram by Volkskool Orania suksesvol voltooi en dan in Orania kom werk. 'n Persoonlike doelwit van hom is om die videografie en redigeringsvaardighede wat hy by die Beweging aanleer te ontwikkel. Johannes wil meer van programmering leer, maar intussen wil hy volgende jaar op 'n akademiese gebied sy Biologiepunte verbeter.
Stefan van Wyk:
Ek geniet die ervaring wat ek hier kan opdoen aangesien dit my kommunikasievermoë en selfvertroue verbeter. Vir hom is praktiese ervaring in die werkplek op dié jong ouderom, van onskatbare waarde en spanwerk vir die afhandeling van take is 'n positiewe ondervinding. Hy sien nou al daarna uit om aan die einde van 2026 vir sy leerlinglisensie aansoek te doen sodat hy nog 'n stukkie van sy onafhanklikheid kan ontdek. Hy wil genoeg geld maak om te koop wat hy wil hê. “Ek gaan 'n oorbruggingsjaar in 2026 neem, maar beplan om by 'n besigheid te werk waar ek 'n salaris kan verdien, sodat ek vir my eie studies in mediese kodering kan afskop. “Ek wil beslis nie in konstruksie werk nie, want ek het saam met my pa gebou en dit was genoeg om my te genees van die bedryf,” skerts hy.



