← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Potbal in De Aar

Twee potbalspanne van Orania het onlangs in De Aar aan 'n kompetisie tussen 12 spanne gaan deelneem.

Die Groot 5 bestaan uit Daniël Viljoen, Johan Naude, Pierre Kriegel, WJ Nel en Daniël Naude.
Die Groot 5 bestaan uit Daniël Viljoen, Johan Naude, Pierre Kriegel, WJ Nel en Daniël Naude.

Twee potbalspanne van Orania het onlangs in De Aar aan 'n kompetisie tussen 12 spanne gaan deelneem. Die gekleurde balle is behoorlik gepot en dit het tot goeie uitslae vir Orania se spelers gelei. Die Groot 5-span het 4de geeindig en die Fynsnyers het 'n 5de plek behaal. Eben Herbst is die skakelpersoon wat Orania se spelers saam met De Aar en Kimberley se spelers betrek. Daar word deurlopend geoefen om Orania se naam op die potbaltafels hoog te hou. Kontak vir Riaan Els by 061 534 2789 vir besonderhede en kom pot die balle saam.

Jacques Coetzee, Riaan Els, Heinz Lüdtke, Roald Wolhuter en JP Kriegel vorm saam die Fynsnyers.
Jacques Coetzee, Riaan Els, Heinz Lüdtke, Roald Wolhuter en JP Kriegel vorm saam die Fynsnyers.
Eben Herbst lê aan vir 'n doodskoot. Hy het vir De Aar se span deelgeneem en is gekies om gedurende Julie aan die nasionale potbalkampioenskappe deel te neem.
Eben Herbst lê aan vir 'n doodskoot. Hy het vir De Aar se span deelgeneem en is gekies om gedurende Julie aan die nasionale potbalkampioenskappe deel te neem.
Voorblad van Koerania - Julie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2025, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar