← Nuus

· Deur Koerania-redaksie

Plaasmoorde beklemtoon

Op 5 Oktober is daar 'n samekoms by die Witkruis Monument tussen Mokopane en Polokwane gehou.

Plaasmoorde beklemtoon – foto 1

Op 5 Oktober is daar 'n samekoms by die Witkruis Monument tussen Mokopane en Polokwane gehou. Daar is weer 'n rits wit kruise geplant vir persone wat tydens plaasmoorde vermoor is. Kallie Roux skryf op die Facebookblad: Hier waar die son stilletjies elke oggend oor die horison kom loer, en sy strale saggies neerlè teen die voet van Ysterberg.......Hier staan ons Monument. 'n Toonbeeld van baie hartseer en bloed wat onnodig gevloei het. Elke kruis wat hier staan het 'n naam. Elkeen vertel sy eie storie, van marteling en moord.

Nou net name, van stemme wat stil geword het. 'n Grafsteen. 'n Houtkissie. 'n Kruis. Dis hier waar realiteit jou aan die hart vasgryp, en jy staan met emosie van 'n hartsverlagende herinneringe. 'n Lewendige Monument, enige in sy soort, wat groei by die dag. 'n Monument wat na hulp roep oor die sonsopkomste en ondergange, vir hierdie land en sy mense. GENOEG IS GENOEG!!!!.......Maar tervergeefs.... steeds word daar jaarliks meer en meer kruise geplant, en dit a.g.v. die bloedvergieting in die land... HOOR ONS SMEEKGEBEDE O HEER! In Grond tot Mond van SAAI is daar onlangs geskryf: 'n Nuwe verslag oor plaasveiligheid wat onlangs in die parlement bespreek is, word deur die landbougemeenskap verwelkom, maar daar is steeds groot bekommernisse oor die inhoud en fokus daarvan. Volgens Theo de Jager, voorsitter van die direksie van die organisasie Saai, is dit wel 'n belangrike eerste stap dat die regering uiteindelik erken dat plaasaanvalle anders is as ander geweldsmisdade – maar dit is nie genoeg nie.

Voorblad van Koerania - Oktober 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Oktober 2025, bladsy 2

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar