
Die replika van Paul Kruger se beeld vertrek op 24 September vanuit Pretoria op ‘n interessante roete tot in Orania. Daar word in verskeie dorpe gestop waartydens inwoners hulle ondersteuning kan toon deur te kom groet of selfs nog ‘n steen te bekom wat in die voetstuk van die beeld ingebou sal word. Hou hul sosiale media platforms dop om op hoogte te bly van al die dorpsbesoeke en die opwinding wat hul op die pad beplan en sal beleef. Volgens Dewald Otto is meer as 10 000 stene reeds deur ‘n paar kontrakteurs en bouers vir die voetstuk van die Paul Kruger beeld, wat op 10 Oktober onthul sal word, gelê. Uiteindelik sal daar 12 500 stene gebruik word om die estetiese voetstuk te voltooi. Het jy al ‘n steen gekoop om deel te wees van hierdie geskiedkundige gebeurtenis? Daar is 34 ton se opvulmateriaal, G5, gebruik om die fondasie te versterk. Daar was hierdie week gewoeker om die skag te bou sodat “Oom Paul” in wind en weer regop kan bly. Die metaalstawe is ondergronds gevleg, want die beeld, wat 1.5 ton weeg, moet vir lank sy plek in Orania kan vol staan. Kontak Pieter Bisschoff by pieter@ontwikkelorania.co.za vir besonderhede om ‘n steen te bekom of om die span padlangs op die roete te groet. Maak seker jy het ʼn nalatenskap vir die geslagte wat nog kom! Koop jou simboliese steen om hierdie reis moontlik te maak en belê in iets tasbaar vir jou nageslag en verewig jou naam op die nuwe plein in Orania.
Koop jou Krugersteen hier: https://www.orania.co.za/paul-kruger Lees meer oor die Krugerbeeld hier: https://fak.org.za/ewebeeld-van-krugermonument-inorania/ Ewebeeld van Krugermonument in Orania - https://fak.org.za/kom-trek-saam-met-paul-kruger/ Kom groet, vier, en stap saam in die spore van Paul Kruger.




