
Die 0/23 Nasionale Bokkies 7’2 rugbytoer vind tans in Spanje plaas. Die toer in Spanje het op 3 Desember op ‘n hoë noot afgeskop met ‘n ongelooflike stadstoer deur Barcelona saam met die 0/14 Duikerspan, 0/16 Presidentspan en die 0/19 Bokkiespan. Die 0/23 Nasionale Bokkies 7’s span het reeds vier wedstryde teen Sant Cugat Rugbyklub gespeel en het beide gewen. Die span het hul eerste wedstryd 40-15 gewen en Wiehan Nel is na hul tweede wedstryd, wat hul het 33-14 gewen het, as speler van die wedstryd aangewys nadat hy twee drieë gedruk het. WJ en Wiehan Nel vorm deel van die O/23 Bokkies 7’s span en pa, Willie Nel, tree as spanbestuurder op. Hulle speel die komende naweek twee internasionale wedstryde teen Poland se Nasionale 7’s span.




