← Sport

· Deur Koerania-redaksie

Orania se rolbalspelers maak geskiedenis

Orania se rolbalspelers maak sommer geskiedenis nog voordat hul eie bane voltooi is.

Orania se rolbalspelers maak geskiedenis – foto 1

Orania se rolbalspelers maak sommer geskiedenis nog voordat hul eie bane voltooi is. Op 17 Mei het 'n span aan die Drieë toernooi op Vanderkloof gaan deelneem en met die 4de plek weggerol. Die drie klublede wat gaan deelneem het was Thomas de Villiers, Pierre Harmse en Francois v Schalkwyk. Hul kon met die Orania kleure spog toe die kompetisie tussen 14 spanne uitgespook is. Die span het hul eerste spel teen Kimberley gewen, tweede een teen Vanderkloof geseëvier en die derde spel teen Koffiefontein verloor. Dis die begin van groot dinge vir Orania Rolbal terwyl daar flink aan die voltooiing van die bane gewerk word. Gaan meld gerus daar aan terwyl nog hande benodig word.

Voorblad van Koerania - Julie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2025, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar
Foto by die berig: Linda laat die skeie tol
Sport/

Linda laat die skeie tol

Drie spanne is gekies om die Noord-Kaap tydens die meesterstoernooi in Kroonstad vanaf 28 September tot 2 Oktober te verteenwoordig.

Deur KoeraniaLees berig