← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Orania se liggiehuis bring lig

Meisie Pieters vertel dat dit haar ‘n paar dae neem om al die liggies uit te sorteer, die batterye na te gaan en dan die besondere detail aan te bring.

Kersliggies by Meisie Pieters se huis.
Kersliggies by Meisie Pieters se huis.

D ie vriendelike tannie, wat jaarliks haar huis met feesliggies vir die kersseisoen laat ophelder, se oë blink wanneer sy vertel van kinders en selfs ouer persone wat die kleurvolle liggies in haar tuin gedurende dié tyd geniet en waardeer. Meisie Pieters vertel dat dit haar ‘n paar dae neem om al die liggies uit te sorteer, die batterye na te gaan en dan die besondere detail aan te bring. Gaan loer gerus oor die hek in Oniksstraat, naby die swembad, want die skouspel vol bewegende, verligte bokkies, vrolike kieries, kleurvolle kersbome en vele meer sal voorwaar jou gemoed ophelder!

Die liggieskouspel in Oniksstraat. Foto’s: Dia van Staden.
Die liggieskouspel in Oniksstraat. Foto’s: Dia van Staden.
Die verligte huis en erf.
Die verligte huis en erf.
Voorblad van Koerania - Desember 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Desember 2024, bladsy 11

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar