← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Orania se eie mense lewer ’n skouspel

Daar word met opwinding uitgesien na talentvolle Oraniërs wat die verhoog sal vol staan met hul sang, dans en dramavernuf.

Daar word met opwinding uitgesien na talentvolle Oraniërs wat die verhoog sal vol staan met hul sang, dans en dramavernuf. Die Orania Skouspel is vir die eerste keer in 2023 deur die Okkasie Hasie aangebied. Dr Phillip Nothnagel is die beskermheer van die Orania Skouspel wat op Saterdag 3 Augustus om 18:30 in die Gemeenskapsaal aangebied word. Hy sê: “Vir 30 jaar was ons skaam en skugter. Vir 30 jaar was ons jammer om te leef. Drie geslagte van ons kinders dink dit is yskoud om engels te praat of om ons taal met engelse woordjies te besoedel. Dit gebeur in die kunste, die sportwêreld en selfs op akademiese gebied. Wees stil, het ons gedink. Lê laag en en kyk niemand in die oë nie, dan sal hulle ons uitlos. Maar nee, hulle vat ons laag! Ons het hulle respek verloor. Nou is dit klaar! Ons gaan sing dat die heuwels weergalm. Ons gaan vermaak dat dit dreun. Ons gaan mense laat opspring van vreugde en hulle trots maak op hulle pragtige kultuur! Van Alaska tot in Nieu Zeeland gaan ons mense dwing om notisie daarvan te neem dat mooi dinge met die Afrikaner gebeur. Dit gebeur alles in Orania!” Op die program is name soos Ané Kruger, Ciska en Sumari de Wet, Christelle de Villiers en Marcel Jacobs. Instumentale bydraes gaan die gehoor verras en nuwe stemme sal gehoor word. Dia van Staden droom daarvan dat samestellings van Orania se eie talent by die Afriforum Teater in Pretoria gaan optree. Bespreek jou kaartjie teen R100-00p.p. by die Orania Beweging.

Voorblad van Koerania - Julie 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2024, bladsy 6

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar