
Minderjarige kinders doen kwansuis Tuisskool, maar ouers is afwesig of werk en hul kinders loop in die strate rond. Wat sou u voorstel moet gedoen word om te verseker dat dié kinders steeds kwaliteit opvoeding ontvang?
Vir my is Orania 'n dorp van alternatiewe. Ons soek altyd alternatiewe maniere om dinge te doen of probleme op te los, dus maak dit heeltemal sin dat ons ook die alternatiewe onderwysmetode van tuisonderrig sal akkommodeer. Dat daar onsekerheid en twyfel bestaan oor hoe om dit aan te pak is verseker so. Volgens wet (nasionaal en internasionaal) moet ons altyd in die beste belang van die kind optree. Die kinderwet sê dat elke kind beskik oor die reg op onderwys. Die reg op onderwys behels dat alle aspekte van die menslike persoonlikheid tot sy volle potensiaal ontwikkel word. Kinderwet, 38 van 2005. Volgens die nuutste Belawet moet ouers: - by die departement registreer as tuisonderrig gesinne, en as jy nie binne 60 dae 'n antwoord terug kry van hulle af nie mag jy aanvaar dat jy suksesvol geregistreer is. - sorg dat tuisonderrig onder leiding van hulself en primêr in die leerder se huis geskied. - weet dat kinders skoolpligtig is vanaf gr R tot en met gr 9 of die ouderdom van 15 jaar, watter een ookal eerste kom. - assessering is tans nog 'n taai toffie aangesien die regering nog nie riglyne hiervoor vasgestel het nie en niemand presies weet wat van hulle verwag word nie, maar as kinders per fase op datum gehou word en rekords gehou word van alles wat hulle doen, behoort dit nie 'n probleem te wees wanneer ons wel weet wat hulle wil hê nie. - kurrikulum mag nie van laer standaard wees as die van publieke skole nie en relevant tot die toekomspad van die kind. Die Pestalozzi Trust is die regsfonds gestig vir die beskerming van tuisskolers sedert 1993. By die Dynamis instituut begelei ons tuisonderrig gesinne sedert 2000 om ouers toe te rus en by te staan met vrae soos: - Wat is tuisonderwys, die uniekheid van jou kind en Uncapped onderwys. Lana Maree - Wat is in die belang van my kind?
- Wat kan my unieke gesin se sukses bevorder? Hoe groei ons as gesin? - Watter kurrikulum gebruik ons? Indien jy, wat jouself 'n tuisonderrigouer ag, nie seker is wat om te doen nie, kontak ons gerus by www.lighthouse.co.za of skakel Lana by 0828591829.




