← Sport

· Deur Dia van Staden

Opdraende was krampagtig: Wayne McDermitt se Comrades – Junie 2024

“Al 4 wedlope was sulke verskillende ervarings dat dit onmoontlik is om een te kies wat meer uitdagend was.

Opdraende was krampagtig: Wayne McDermitt se Comrades – Junie 2024 – foto 1

Wayne McDermitt

“Al 4 wedlope was sulke verskillende ervarings dat dit onmoontlik is om een te kies wat meer uitdagend was. Ek moet wel sê ek sien nou weer uit na die af-wedloop. Ek kon voel dat ek nie genoeg kragoefeninge in my voorbereiding gedoen het nie en het daarom vroeg besef dat ek ekstra konserwatief moes hardloop om die wedloop klaar te maak. Comrades is ‘n uitdaging aangesien mens altyd jou vorige tye wil verbeter. Jy kan dit slegs doen deur ‘n verskeidenheid van faktore beter te bestuur as die vorige jaar. Die maande se voorbereiding en uitsien na Comrades is reeds verslawend. Die adrenalien gedurende die laaste week is die kersie op die koek. Die gevoel wat jy sal beleef as al jou beplanning eindelik uitspeel op die suksesvolle behaling van jou doelwit dien vir my as motivering. Tydens die wedloop kan jy jouself net motiveer deur te onthou dat dié marteling wel sal eindig. Ek word gemotiveer om volgende jaar weer deel te neem uit vrees om te vinnig sag te word, asook ‘n bietjie groepsdruk. Dit was ‘n hoogtepunt om te sien dat makkers dit ook almal klaar gemaak het. Niemand het dit maklik gehad die jaar nie. Ek dink nie die atmosfeer kan beskryf word nie. Jy MOET dit self beleef. Ondervinding is die enigste manier om werklik te weet wat dit bring. Tydens die wedloop begin almal met baie grappe en gesels, maar later verander dit na meer stilte, erns en senuweeagtigheid. Na afloop van die marathon is daar ‘n mengelmoes van emosies waar jy deel met die teleurstellings, maar dankbaar is vir die sukses.

Voorblad van Koerania - Junie 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Junie 2024, bladsy 12

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar