← Gemeenskap

· Deur Karin Buys

Ons Paradys Tuinuitdaging – Mei 2025

Met die komende winter is dit die ideale tyd om te begin planne maak vir tuinmaak.

Met die komende winter is dit die ideale tyd om te begin planne maak vir tuinmaak. Voorbereiding vir tuinmaak in die lente is deel van die avontuur. Dit is belangrik vir iemand wat hierdie jaar dalk die eerste keer wil begin of selfs vir die ou hande, om goeie beplanning te doen. Waar begin jy? Kry 'n geskikte plekkie in jou tuin of groentebokse waarin jy aanplantings wil doen. Goeie grondvoorbereiding is net so belangrik, daarvoor het jy nodig om grond en kompos te meng. Voeg bietjie beenmeel by, sodat jou plantjies 'n goeie wortelstelsel kan ontwikkel. Hou in gedagte dat meeste groente daarvan hou om in vol son te groei. Indien mens jou eie saailinge wil kweek om koste te bespaar, moet dit teen Juliemaand in bakkies geplant word, wat jy kan beskerm teen die koue. Dit moet verkieslik op 'n beskutte plek wees, weg van die koue maar wel met genoeg son om jou saadjies te laat ontkiem. As jy lus is om nou al weg te spring, is daar 'n hele paar wintergewasse wat goed kan werk soos byvoorbeeld spinasie, kopkool, (rooi en wit), uie, seldery, al die verskeie soorte blaarslaai, en selfs roket. Begin vroeg beplan en hou in gedagte die gratis inskrywing het al geopen. Geniet die avontuur!

Voorblad van Koerania - Mei 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2025, bladsy 10

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar