Ons het, as gesin, toe ek klein was dié sepie gekyk. Ek kan nie juis baie van die storie onthou nie, wat my wel by bly, is die mooi dorpie vol menseen hul dinge. In ons ou dorpie streef ons na beter, ons streef na skoner, veiliger, en ek dink bo alles streef ons na iets wat werk. Wie sou dink in ons mooie, stil en veilige dorpie sou iets afgrysliks gebeur? Ons dorpie staan as al die bogenoemde goed bekend. Mooi, skoon, beter, veiliger, ens. maar ek dink baie mense vergeet- almal wat hier bly is steeds net mens. Mense met almal hulle eie uitdagings en laste om te dra. Sommiges sukkel om die pot aan die kook te hou. Sommiges sukkel om by die vinnige gewoel-en-war van die van die lewe by die te hou. Ek sê altyd, ons het almal… Veral mans in die samelewing, veral ouer mans, word geleer, of voel dis "swak" om te huil en oor jou emosies te praat. Daar word so maklik gesê: "Bou 'n brug en kom daaroor". Soms is dit nie so maklik nie, soms word dit 'n donker gat binne mens wat net al groter word en later jou hele menswees verorber. Elke dag word daardie monster groter, en is dit moeiliker om teen hom te baklei, wat nog te sê van oorwin. Hierdie mense dra nie 'n groot plakker op hulle verkoop wat hierdie geveg binne hulle verkondig en identifiseer nie. Dit laat my dink aan om waterskade op 'n muur toe te verf, dieselfde word so baie gedoen met die monster. Hulle gee hom net bietjie kos, om hom stil te maak sodat hulle deur die dag kan kom. Sodat hulle as "normaal" gesien kan word en tog… Ons is so vinnig om met ons kinders te raas as hulle verkeerde goed doen, wie raas met grootmense? Is dit óók 'n monster wat ons eerder nie in die oë wil staar nie? As grootmense het ons tog 'n rigtingwyser van reg en verkeerd. Daar is wel 'n paar goed wat, in my opinie, ons reg en verkeerd rigting wyser so bietjie deurmekaar maak: liefde, geld, groepsdruk, ens. Die grootste hiervan: Die Liefde. Dis net belangrik om so nou en dan te probeer van buite af kyk en self jou keuses oordeel. Nie net wat reg en goed is vir jou nie, maar vir almal om jou. My gebed van hier af is dat ons almal met oop oë sal kyk wat om ons aangaan, mense bystaan wie dit nodig het sonder om te oordeel en ook braaf genoeg te wees om uit te wys as iemand besig is met 'n gevaarlike en/of verkeerde speletjie. In alles moet ons een ding onthou: al is die wêreld mooi, die mens kan dit in 'n oomblik baie lelik maak.
· Deur Wietzke
Onder draai die duiwel rond
Ons het, as gesin, toe ek klein was dié sepie gekyk.

Uit die koerant
Hierdie berig het verskyn in Koerania – April 2025, bladsy 2
Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar


