
Oraniërs weet al. Hulle weet omdat hulle dit soveel keer vantevore ervaar het. Hulle weet omdat hulle dit soveel keer vantevore al met sukses hanteer het. Sommige lees dit in koerante, sommige sien dit op die TV, sommige hoor dit op die radionuus. Sommige is dalk self betrokke en ander ken mense wat ook deurloop. Ek dink egter Oraniërs kan dit al aanvoel. Nee, dit is nie een of ander voorspelling van die einde van die wêreld in 2026 nie, nee dit is nie ‘n nuwe virus nie, ook nie die wegraping nie. Dis dalk iets ergers! Die gevreesde dae het aangebreek. Dit is die tyd van ANC kaders wat kospakkies en themde uitdeel. Dit is die tyd van vyf-jaar oue slaggate skielik toemaak en ou geboue vinnig oorverf. Dit is die tyd van leë beloftes uitdeel en nuwe tenders verkwansel. Dit is verkiesingsjaar in Suid-Afrika! Enige iemand wat ‘n hart vir die vryheidsaak, en Orania het, weet al. In die verkiesingsjare kom die goedkoop aanvalle. Skielik word daar naarstiglik rondgespring om desperate kiesers te verenig, een party probeer meer radikaal as die ander wees. Verkiesingsjare het vir Oraniërs deur die jare al heelwat “interessanthede” opgelewer. Van prominente politici wat wil besoek aflê, tot ‘n onophoudelike stroom kameramanne. Van EFF-‘verrassingsbesoeke’, na mediasensasie. Orania en sy mense is al gekruisig in die media, geskel, uitgelok om kwaad te word, as voorbeeld gebruik en vir ons “teruggryp na die verlede” verwyt. Grootkoppe het Orania al vir eie gewin as speelbal probeer gebruik op sosiale media, en ander het weer gesê meer gemeenskappe moet soos Orania wees. Sommige wil skielik met Orania se sukses assosieer, terwyl ander kyk hoe vêr hulle ons mense kan uitlok. Die EFF het al gemaak of media, en ander het weer gesê meer gemeenskappe moet soos Orania wees.
Sommige wil skielik met Orania se sukses assosieer, terwyl ander kyk hoe vêr hulle ons mense kan uitlok. Die EFF het al gemaak of hulle ‘Orania se munisipaliteit gaan beheer’, en die sekretaris van die Noord-Kaapse ANC het al gesê hy gaan “binnekort eiendom bekom in Orania en intrek”! Deur dit alles? Wel deur dit alles kon niemand dit nog regkry om Oraniërs van hulle vryheidsplan te laat afsien nie. Geen geraas was nog genoeg om die uiters belangrike ‘eie arbeid’ beleid te laat wegval nie. Pogings om Oraniërs dom te laat optree, faal klaaglik. Media- en politieke geraas om Oraniërs by ander probleme in te trek werk net nie meer nie. Terwyl die hele Suid-Afrika amper gaan stilstaan met drama, fokus Oraniërs op bou, ontwikkel en vooruitgang. Orania se mense het eenvoudig nie tyd vir verkiesingsjaardrama nie. Nie net omdat ons te besig is om ‘n vrye Afrikanertoekoms te bou nie, maar ook omdat ons hierdie kat al goed uit die boom gekyk het. Terwyl baie Suid-Afrikaners vir die eerste keer die drama van ‘n verkiesingsjaar in hulle spesifieke gebied beleef, het Oraniërs ‘n baie unieke voordeel. Ons is verkiesingsfiks! Ons het al hierdie wedloop gehardloop. Terwyl baie mense regoor die wêreld in Januarie weer na fiksheid, gesondheid, oefen en soortgelyke voornemens kyk, is my nuwejaarswens vir ons hardwerkende gemeenskap as volg; mag ons fiks bly. Fiks in ons geloof in die Here. Fiks om ons interne sake mooi met mekaar te hanteer. Fiks om ‘n verkiesingsjaar gemaklik te hanteer. En... fiks vir Vryheid! Ek wens elke Oraniër ‘n fikse nuwejaar toe. Mag, die enigste keer wat die Klein Reus se hand van sy mou afglip, wees om ‘n skalkse, ongeërgde glimlaggie van sy gesig af te vee wanneer die verkiesinghouers in sy ore probeer raas!



