← Gemeenskap

· Deur Koerania-redaksie

Niklaas hou regs

Niklaas Buys het op Dinsdag 7 Januarie 2025 'n Suzuki Jimny, 'n KTM Super Adventure 1290 motorfiets en 'n sleepwa vir die motorfiets ryker geword.

Niklaas se kompetisiepryse, soos by die oorspronklike berig.
Niklaas se kompetisiepryse, soos by die oorspronklike berig.

Niklaas Buys het op Dinsdag 7 Januarie 2025 'n Suzuki Jimny, 'n KTM Super Adventure 1290 motorfiets en 'n sleepwa vir die motorfiets ryker geword. Volgens die eienaar van FKNArmy, Malcolm Wentzel, het hy dié jaarlikse kompetisie in 2021 begin toe hy onverwags 'n sosiale media gevolg begin ontwikkel het. Sy Facebook profiel: Facebook, het tans 469 000 volgers. “Ek wou mense tydens die grendelstaat help en toe het dié idee ontstaan waar deelnemers op 'n kompeterende en vernufbasis 'n voertuig kan wen,” vertel Malcolm. FKNArmy het reeds groot bydraes gelewer tot individue se kankerstryd, gewigsverlies en ander broodnodige behoeftes. Niklaas verduidelik aan Koerania dat hy die aanvanklike putt-putt uitdaging, wat tussen die vyf finaliste gehou is, gewen het. Daarna moes elke finalis afsonderlike pakkie uit 'n paar kies waarin die sleutels van die Suzuki Jimny versteek was. Niklaas het met die uitkloprondtes aanhoudend die regterkantse pakkie gekies, en sowaar as die gelukkig wenner uit die stryd getree. “Ek het 'n erge senuweekol op die krop van my maag gehad,” glimlag Niklaas. Sy pryse is Dinsdag afgelewer en nou beplan Niklaas om die motorfiets en sleepwa op 'n unieke wyse te verkoop, sodat hy wil vir sy pa se dubbele knievervanging geld bymekaar kan maak. Niklaas Buys kan gerus met sy splinternuwe Suzuki Jimny spog. Hy is as 'n finalis in 'n gelukkige trekking, waar hy een kans uit ongeveer 9 000 gehad het, aangewys. Niklaas hoop dat dié spoggerige KTM Super Adventure 1290 motorfiets en sy sleepwa vir 'n groot bedrag sal sorg wanneer hy dit verkoop. Hy wil sy pa se knieoperasies daarmee befonds.

Voorblad van Koerania - Januarie 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Januarie 2025, bladsy 5

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar