← Kultuur

· Deur Koerania-redaksie

Neem ’n intellektuele inspuiting

Ouers, onderwysers, grootouers en enige persoon wat met kinders werk sal daarby baat om ingelig te wees oor die Bela-beleid, ‘n affêre!

’n Aktuele sakeontbyt met ’n tema wat almal raak

Ouers, onderwysers, grootouers en enige persoon wat met kinders werk sal daarby baat om ingelig te wees oor die Bela-beleid, ‘n affêre! Die opvoeding en opleiding van die Afrikaner se kinders hang in die weegskaal met dié beleid se eise. Dr Jaco Deacon, FEDSAS se Uitvoerende Hoof, sal saam met Willie Spies, bekende prokureur van Hurter & Spies in Pretoria dié beleid se huidige stand deurtrap. James Kemp, bekende omroeper van PretoriaFM sal die onderhoud voer sodat elke hoek en draai van dié belangrike kwessie aangespreek kan word. Die aktuele sakegesprek sal op Vrydag 2 Augustus om 07:30 by die Maranata kerk aangebied word. Bespreek jou kaartjie by die Orania Beweging se inligtingskantoor. Kontak Dia van Staden by 083 726 1180 indien daar enige navrae is.

Boeke en Bredies

‘n Verskeidenheid skrywers sal Orania tydens die KultuurKuier besoek. Dana Snyman, Willie Spies, Riaan Grobler en Stef Kruger sal deel vorm van die groep wat by Die Kantien gaan kuier. Daar sal ‘n paneelbespreking gehou word sodat almal die skrywers en hul skryfproses ‘n bietjie beter kan leer ken. James Kemp en Dia van Staden gaan met die besoekers gesels, maar daar sal ook geleentheid wees vir vrae vanuit die gehoor. Die skrywers gaan by die tafels rondom ‘n bredie en ‘n stomende koppie boeretroos plaasneem om met die inwoners te kuier. Kaartjies beloop R80p.p. en is by die Orania Beweging beskikbaar.

Voorblad van Koerania - Julie 2024

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Julie 2024, bladsy 6

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar