← Nuus

· Deur Dia van Staden en Kameraad

'n Amerikaner en die waarheid

Die afgetrede Kolonel het tydens 'n videogesprek met Koerania gesels.

'n Amerikaner en die waarheid – foto 1

Die bekende YouTuber, skrywer en joernalis, Kolonel (Ret.) Chris Wyatt, het op Sondag 13 April in Suid-Afrika aangekom vir sy “I Am Not A Refugee”-toer, en vertrek Vrydag 16 Mei, na 'n merkwaardige besoek, terug na Amerika. Die afgetrede Kolonel het tydens 'n videogesprek met Koerania gesels. Sy meer as 85 000 volgers sal weet dat Chris onverpoosd werk om verslag te doen oor wat tans in Suid-Afrika aangaan, vanuit die perspektief van 'n politieke kommentator wat die land al jare lank noukeurig volg. Sy reisskedule was intens, maar telkens het hy daarin geslaag om nie net politici en sakereuse te spreek nie, maar ook gewone Suid-Afrikaners – die mense wat volgens hom werklik die hartklop van die land vorm. Chris het 18 "meet and greet"-geleenthede bygewoon om sy volgers – die sogenaamde “Wyatt Army”– te ontmoet. Ongeveer 1 400 mense het dié ontmoetings in die land bygewoon. Chris, die reus met sy sagte hart het elke hand geskud, foto geneem, vrae geduldig beantwoord – soms ure lank. Chris is 'n voormalige intelligensie-ontleder en militêre attaché vir die Amerikaanse weermag in Afrika. Dit maak sy ontleding van die Suid-Afrikaanse situasie uniek en ingelig. “Ek het opgemerk hoe bang gewone Suid-Afrikaners is. Daar is 'n onderliggende trauma – asof die hele samelewing aan post-traumatiese stres ly. Hy vertel dat hy en Ernst Roets saamstem oor die feit dat die Suid-Afrikaanse stemstruktuur belaglik is. “Hoe kan jy vir 'n party stem, maar geen idee hê wie die kandidaat gaan wees wat namens jou gaan praat en optree kry? Dit is verregaande,” stoom Chris. Kommentaar op sy regstreekse video's toon dat mense hulle tot Chris wend omdat hy geloofwaardig is. Hy moedig mense nooit aan om Suid-Afrika te verlaat nie. Koerania se bron noem dat Chris egter tans die enkele betroubare bron van inligting oor die program is – nie sensasie nie, maar feite. Chris vertel hoe hy die skreeusnaakse humor van verskeie Suid-Afrikaners geniet. Oor 'n besoek aan Orania noem hy dat selfs nie-Oraniërs hom al aangemoedig het om Orania te besoek. “Wat sal ek daar kom doen? Julle het nie rassisme nie, julle is nie lui nie en julle bou vir julleself hoop!” “In Suid-Afrika het julle nie leiers nie – julle het politici, drukkgroepe, kerke en bewegings, almal met hul eie agenda. Maar ons kort mense wat hoop kan gee, sonder om die waarheid te verdraai.” Chris, hierdie opiniebelaaide Amerikaner, het op 'n vreemde manier die Emily Hobhouse vir duisende Suid-Afrikaners geword. Chris Wyatt se boodskap aan President Cyril Ramaphosa voor sy besoek aan die VSA: https://youtu.be/TFFfSpPhz4g?si=YS2ERQWv5WiLBHBs

Voorblad van Koerania - Mei 2025

Uit die koerant

Hierdie berig het verskyn in Koerania – Mei 2025, bladsy 4

Kry elke uitgawe by jou voordeur – R600/jaar